1 And again the anger of Jehovah was kindled against Israel, and he moved David against them saying, Go, number Israel and Judah.2 And the king said to Joab the captain of the host, who was with him, Go, I pray thee, through all the tribes of Israel, from Dan even to Beer-sheba, and count the people, that I may know the number of the people.3 And Joab said to the king, May Jehovah thy God even add to the people, how many soever they be, a hundredfold, and that the eyes of my lord the king may see {it}; but why does my lord the king delight in this thing?4 But the king's word prevailed against Joab, and against the captains of the army. And Joab and the captains of the army went out from the presence of the king to count the people of Israel.5 And they passed over the Jordan, and encamped in Aroer, on the right side of the city that is in the midst of the ravine of Gad, and toward Jaazer.6 And they came to Gilead, and to the land of Tahtim-hodshi; and came to Dan-jaan, and to the environs of Sidon;7 and they came to the fortified city of Tyre, and to all the cities of the Hivites and of the Canaanites; and went out to the south of Judah, to Beer-sheba.8 And they went through all the land, and came to Jerusalem at the end of nine months and twenty days.9 And Joab gave the sum of the number of the people to the king; and there were of Israel eight hundred thousand valiant men that drew sword; and the men of Judah were five hundred thousand men.10 And David's heart smote him after he had numbered the people. And David said to Jehovah, I have sinned greatly in what I have done; and now, I beseech thee, Jehovah, put away the iniquity of thy servant; for I have done very foolishly.11 And when David arose in the morning, the word of Jehovah came to the prophet Gad, David's seer, saying,12 Go and say to David, Thus saith Jehovah: I impose on thee three {things}; choose one of them that I may do it unto thee.13 And Gad came to David, and told him, and said to him, Shall seven years of famine come to thee in thy land? or wilt thou flee three months before thine adversaries while they pursue thee? or shall there be three days' pestilence in thy land? Now be aware and consider what word I shall bring again to him that sent me.14 And David said to Gad, I am in a great strait: let us fall, I pray thee, into the hand of Jehovah; for his mercies are great; but let me not fall into the hand of man.15 And Jehovah sent a pestilence upon Israel from the morning even to the set time; and there died of the people from Dan even to Beer-sheba seventy thousand men.16 And the angel stretched out his hand upon Jerusalem to destroy it; but Jehovah repented him of the evil, and said to the angel that destroyed among the people, It is enough: withdraw now thine hand. And the angel of Jehovah was by the threshing-floor of Araunah the Jebusite.17 And David spoke to Jehovah when he saw the angel that smote among the people, and said, Behold, it is I that have sinned, and it is I that have committed iniquity; but these sheep, what have they done? let thy hand, I pray thee, be on me, and on my father's house!18 And Gad came that day to David, and said to him, Go up, rear an altar to Jehovah in the threshing-floor of Araunah the Jebusite.19 And David, according to the saying of Gad, went up as Jehovah had commanded.20 And Araunah looked, and saw the king and his servants coming on towards him; and Araunah went out, and bowed himself before the king with his face to the ground.21 And Araunah said, Why is my lord the king come to his servant? And David said, To buy the threshing-floor of thee, to build an altar to Jehovah, that the plague may be stayed from the people.22 And Araunah said to David, Let my lord the king take and offer up that which is good in his sight: see, {here are} oxen for the burnt-offering, and the threshing-sledges and implements of the oxen for wood.23 All these things, O king, doth Araunah give to the king. And Araunah said to the king, Jehovah thy God accept thee.24 And the king said to Araunah, No; but I will in any case buy {them} of thee at a price: neither will I offer up to Jehovah my God burnt-offerings without cost. And David bought the threshing-floor and the oxen for fifty shekels of silver.25 And David built there an altar to Jehovah, and offered up burnt-offerings and peace-offerings. And Jehovah was propitious to the land, and the plague was stayed from Israel.
1 En die toorn van die HERE het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.2 Toe sê die koning vir Joab, die leërowerste, wat by hom was: Trek tog rond onder al die stamme van Israel, van Dan tot Bers,ba, en tel julle die volk, sodat ek die getal van die volk kan weet.3 En Joab het aan die koning gesê: Ja, mag die HERE u God by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my heer die koning dit sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?4 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab en die leërowerstes, en Joab het met die leërowerstes van die koning af uitgegaan om die volk Israel te tel.5 En hulle het deur die Jordaan gegaan en laer opgeslaan by Aroër, regs van die stad wat binne-in die dal van Gad lê, en tot by Ja,ser.6 Verder het hulle in G¡lead gekom en in die land Tagtim-Hodsi en na Dan-Ja„n gekom en rondom na Sidon.7 En hulle het gekom by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kana„niete, en hulle het uitgekom in die suide van Juda in Bers,ba.8 So het hulle dan deur die hele land rondgetrek en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.9 En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en Israel was agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyf honderd duisend man.10 Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die HERE gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; HERE, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.11 Toe Dawid die môre opstaan -- die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:12 Gaan heen en spreek met Dawid: So sê die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen --13 toe het Gad by Dawid gekom en dit aan hom bekend gemaak en aan hom gesê: Wil jy dat daar sewe jaar lank hongersnood in jou land kom, of wil jy drie maande lank vlug voor jou teëstanders uit dat hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou land? Ondersoek nou en sien watter antwoord ek my Sender moet bring.14 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.15 En die HERE het 'n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Bers,ba het daar van die volk sewentig duisend man gesterwe.16 Maar toe die engel sy hand uitsteek na Jerusalem om dit te verwoes, het dit die HERE berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! Die engel van die HERE was toe by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.17 Toe Dawid sien hoe die engel onder die volk doodslaan, het hy tot die HERE gespreek en gesê: Kyk, ,k het gesondig, en ,k het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie.18 Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die HERE 'n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos die HERE beveel het.20 Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig.21 En Arauna het gesê: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir die HERE 'n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou.22 Maar Arauna sê vir Dawid: My heer die koning kan neem en offer wat goed is in sy oë, kyk, daar is die beeste as die brandoffer en die sleë en die trekgoed van die beeste as hout.23 Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag die HERE u God 'n behae in u hê.24 Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die HERE my God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer.25 Toe het Dawid daar vir die HERE 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring; en die HERE het Hom oor die land ontferm, en die plaag is van Israel afgewend.