1 Così parla l’Eterno: "Per tre misfatti di Moab, anzi per quattro, io non revocherò la mia sentenza. Poiché ha bruciato le ossa del re di Edom riducendole in calce, 2 io manderò in Moab un fuoco che divorerà i palazzi di Cheriot; Moab perirà in mezzo al tumulto, alle grida di guerra e al suono delle trombe; 3 in mezzo a esso sterminerò il giudice e ucciderò tutti i suoi capi con lui", dice l’Eterno.
4 Così parla l’Eterno: "Per tre misfatti di Giuda, anzi per quattro, io non revocherò la mia sentenza. Poiché hanno disprezzato la legge dell’Eterno e non hanno osservato i suoi statuti, e poiché si sono lasciati sviare dai loro falsi dèi, dietro ai quali erano già andati i loro padri, 5 io manderò in Giuda un fuoco che divorerà i palazzi di Gerusalemme".
6 Così parla l’Eterno: "Per tre misfatti d’Israele, anzi per quattro, io non revocherò la mia sentenza. Poiché vendono il giusto per denaro e il povero se deve loro un paio di sandali; 7 perché desiderano vedere la polvere della terra sul capo dei miseri, violano il diritto degli umili e figlio e padre vanno dalla stessa ragazza, per profanare il mio nome santo. 8 Si stendono accanto a ogni altare su vestiti presi in pegno, e nella casa del loro Dio bevono il vino di quelli che hanno multato. 9 Eppure, io distrussi davanti a loro l’Amoreo, la cui statura era come l’altezza dei cedri e che era forte come le querce; io distrussi il suo frutto in alto e le sue radici in basso. 10 Eppure, io vi feci uscire fuori dal paese d’Egitto e vi condussi per quarant’anni nel deserto, per farvi possedere il paese dell’Amoreo. 11 Suscitai dei profeti tra i vostri figli e dei nazirei fra i vostri giovani. Non è forse così, o figli d’Israele?", dice l’Eterno. 12 "Ma voi avete dato da bere del vino ai nazirei e avete ordinato ai profeti di non profetizzare! 13 Ecco, io vi schiaccerò come un carro pieno di covoni schiaccia la terra. 14 L’agile non avrà modo di darsi alla fuga, al forte non gioverà la sua forza e il valoroso non salverà la sua vita; 15 l’arciere non potrà resistere, chi ha il piede veloce non potrà scampare, il cavaliere sul suo cavallo non salverà la sua vita; 16 il più coraggioso fra i prodi fuggirà nudo in quel giorno", dice l’Eterno.
1 SO sê die Here: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.
2 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van Kérijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.
3 En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê die Here.
4 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die Here verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.
5 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.
6 So sê die Here: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir 'n paar skoene.
7 Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.
8 En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.
9 En tog het Ék die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.
10 Ook het Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.
11 En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die Here.
12 Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!
13 Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos 'n wa kraak wat vol gerwe is;
14 sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.
15 En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.
16 En die dapperste onder die helde sal op dié dag naak wegvlug, spreek die Here.