Publicidade

Amós 3

AFR53
Rimproveri e minacce

1 Ascoltate questa parola che l’Eterno pronuncia contro di voi, o figli d’Israele, contro tutta la famiglia che io condussi fuori dal paese d’Egitto: 2 "Voi soli ho conosciuto fra tutte le famiglie della terra; perciò io vi punirò per tutte le vostre iniquità".

3 Due uomini camminano forse insieme se prima non si sono accordati? 4 Ruggisce forse il leone nella foresta se non ha una preda? Il leoncello fa forse udire la sua voce dalla tana se non ha preso nulla? 5 Cade forse l’uccello nella rete a terra se non gli è tesa una trappola? Scatta forse la tagliola dal suolo se non ha preso qualcosa? 6 Suona forse la tromba in una città senza che il popolo tremi? Piomba forse una sciagura sopra una città senza che l’Eterno ne sia l’autore? 7 Poiché il Signore, l’Eterno, non fa nulla senza rivelare il suo segreto ai suoi servi, i profeti. 8 Il leone ruggisce, chi non temerà? Il Signore, l’Eterno, parla, chi non profetizzerà?

9 Proclamate questo sui palazzi di Asdod e sui palazzi del paese d’Egitto; dite: "Radunatevi sui monti di Samaria, vedete che grandi disordini esistono in mezzo a essa e quali oppressioni hanno luogo al suo interno. 10 Essi non sanno fare ciò che è giusto", dice l’Eterno, "accumulano nei loro palazzi i frutti della violenza e della rapina". 11 Perciò, così parla il Signore, l’Eterno: "Ecco il nemico, tutto attorno al paese; egli abbatterà la tua forza e i tuoi palazzi saranno saccheggiati".

12 Così parla l’Eterno: "Come il pastore strappa dalle fauci del leone due zampe o un pezzo di orecchio, così scamperanno i figli d’Israele che in Samaria stanno ora seduti sull’angolo di un divano o su un letto di damasco".

13 "Ascoltate questo e attestatelo alla casa di Giacobbe!", dice il Signore, l’Eterno, l’Iddio degli eserciti: "Il giorno che io punirò Israele per le sue trasgressioni, punirò anche gli altari di Betel; i corni dell’altare saranno spezzati e cadranno a terra. 14 Abbatterò le case invernali e le case estive; le case di avorio saranno distrutte e i grandi palazzi scompariranno", dice l’Eterno.

Eerste strafrede: die komende oordeel.

1 HOOR hierdie woord wat die Here oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:

2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

3 Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?

4 Sal 'n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal 'n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?

5 Sal 'n voël in 'n net val op die grond as daar vir hom geen strik gestel is nie? Sal 'n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie?

6 Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar 'n onheil in die stad voorval as die Here dit nie bewerk het nie?

7 Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

8 Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here Here het gespreek, wie sal nie profeteer nie?

9 Roep dit uit oor die paleise van Asdod en oor die paleise van Egipteland en : Versamel julle op die berge van Samaría, en aanskou die groot beroering in die midde van die stad en die verdrukking daarbinne.

10 Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek die Here hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.

11 Daarom, so die Here Here: 'n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.

12 So die Here: Soos 'n herder 'n paar pote of 'n oorlappie red uit die bek van 'n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samaría in die hoek van 'n bed of op die damás van 'n rusbank sit.

13 Hoor en waarsku die huis van Jakob, spreek die Here Here, die God van die leërskare,

14 dat Ek in die dag as Ek die oortredinge van Israel aan hom besoek, ook besoeking sal doen oor die altare van Bet-el, sodat die horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val.

15 Dan sal Ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek die Here.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-