1 Dopo la morte di Mosè, servo dell’Eterno, l’Eterno parlò a Giosuè, figlio di Nun, servo di Mosè, e gli disse: 2 "Mosè, mio servo è morto; ora dunque alzati, passa questo Giordano, tu con tutto questo popolo, per entrare nel paese che io do ai figli d’Israele. 3 Ogni luogo che la pianta del vostro piede calcherà, io ve lo do, come ho detto a Mosè, 4 dal deserto e dal Libano che vedi là, fino al gran fiume, il fiume Eufrate, tutto il paese degli Ittiti fino al Mar Grande, verso occidente: quello sarà il vostro territorio. 5 Nessuno ti potrà resistere tutti i giorni della tua vita; come sono stato con Mosè, così sarò con te; io non ti lascerò e non ti abbandonerò. 6 Sii forte e coraggioso, perché tu metterai questo popolo in possesso del paese che giurai ai loro padri di dare loro. 7 Solo sii forte e molto coraggioso, avendo cura di mettere in pratica tutta la legge che Mosè, mio servo, ti ha dato; non te ne sviare né a destra né a sinistra, affinché tu prosperi dovunque andrai. 8 Questo libro della legge non si allontani mai dalla tua bocca, ma meditalo giorno e notte, avendo cura di mettere in pratica tutto ciò che vi è scritto; poiché allora riuscirai in tutte le tue imprese, allora prospererai. 9 Non te l’ho io comandato? Sii forte e coraggioso; non ti spaventare e non ti sgomentare, perché l’Eterno, il tuo Dio, sarà con te dovunque andrai".
10 Allora Giosuè diede quest’ordine agli ufficiali del popolo: 11 "Passate in mezzo all’accampamento e date quest’ordine al popolo: ‘Preparatevi dei viveri, perché fra tre giorni passerete questo Giordano per andare a conquistare il paese che l’Eterno, il vostro Dio, vi dà perché lo possediate’". 12 Giosuè parlò pure ai Rubeniti, ai Gaditi e alla mezza tribù di Manasse, e disse loro: 13 "Ricordatevi dell’ordine che Mosè, servo dell’Eterno, vi diede quando vi disse: ‘L’Eterno, il vostro Dio, vi ha concesso riposo e vi ha dato questo paese’. 14 Le vostre mogli, i vostri bambini e il vostro bestiame rimarranno nel paese che Mosè vi ha dato di qua dal Giordano; ma voi tutti che siete forti e valorosi passerete in armi alla testa dei vostri fratelli e li aiuterete, 15 finché l’Eterno abbia concesso riposo ai vostri fratelli come a voi, e siano anche loro in possesso del paese che l’Eterno, il vostro Dio, dà loro. Poi tornerete al paese che vi appartiene, che Mosè, servo dell’Eterno, vi ha dato di qua dal Giordano verso il levante, e ne prenderete possesso". 16 E quelli risposero a Giosuè, dicendo: "Noi faremo tutto quello che ci hai comandato, e andremo dovunque ci manderai; 17 ti ubbidiremo interamente, come abbiamo ubbidito a Mosè. Solamente, l’Eterno, il tuo Dio, sia con te come è stato con Mosè! 18 Chiunque sarà ribelle ai tuoi ordini e non ubbidirà alle tue parole, qualunque sia la cosa che gli comanderai, sarà messo a morte. Solo sii forte e coraggioso!".
1 EN ná die dood van Moses, die kneg van die Here, het die Here met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
2 My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.
3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.
4 Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees.
5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.
6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.
7 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.
8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.
9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
10 Toe het Josua aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê:
11 Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat die Here julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.
12 En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het Josua dit gesê:
13 Dink aan die saak wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het toe hy gesê het: Die Here julle God verskaf 'n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee.
14 Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly in die land wat Moses julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, al die dapper helde, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help,
15 totdat die Here aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die Here julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die Here, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.
16 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.
17 Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die Here u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.
18 Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.