Publicidade

Josué 9

AFR53
L’astuzia dei Gabaoniti

1 Appena ebbero udito queste cose, tutti i re che erano di qua dal Giordano, nella regione montuosa e nella pianura e lungo tutta la costa del Mar Grande di fronte al Libano, l’Ittita, l’Amoreo, il Cananeo, il Ferezeo, l’Ivveo e il Gebuseo, 2 si radunarono tutti insieme, di comune accordo, per muovere guerra a Giosuè e a Israele. 3 Gli abitanti di Gabaon, dal canto loro, quando ebbero udito ciò che Giosuè aveva fatto a Gerico e ad Ai, 4 procedettero con astuzia: partirono, provvisti di viveri, caricarono sui loro asini dei sacchi vecchi e dei vecchi otri da vino, rotti e ricuciti; 5 si misero ai piedi dei calzari vecchi rattoppati, e dei vecchi abiti addosso; e tutto il pane di cui si erano provvisti era duro e sbriciolato. 6 Andarono da Giosuè, all’accampamento di Ghilgal, e dissero a lui e alla gente d’Israele: "Noi veniamo da un paese lontano; fate dunque alleanza con noi". 7 La gente d’Israele rispose a questi Ivvei: "Voi abitate forse in mezzo a noi; come faremmo dunque alleanza con voi?". 8 Ma quelli dissero a Giosuè: "Noi siamo tuoi servi!". E Giosuè a loro: "Chi siete? e da dove venite?". Quelli gli risposero: 9 "I tuoi servi vengono da un paese molto lontano, attratti dalla fama dell’Eterno, del tuo Dio; poiché abbiamo sentito parlare di lui, di tutto quello che ha fatto in Egitto 10 e di tutto quello che ha fatto ai due re degli Amorei di dal Giordano, a Sicon re di Chesbon e a Og re di Basan, che abitava ad Astarot. 11 I nostri anziani e tutti gli abitanti del nostro paese ci hanno detto: Prendete con voi delle provviste per il viaggio, andate incontro a loro e dite: Noi siamo vostri servi; fate dunque alleanza con noi. 12 Ecco il nostro pane; lo prendemmo caldo dalle nostre case, come provvista, il giorno che partimmo per venire da voi, e ora eccolo duro e sbriciolato; 13 e questi sono gli otri da vino che riempimmo tutti nuovi, ed eccoli rotti; e questi i nostri abiti e i nostri calzari, che si sono logorati per la grande lunghezza del viaggio". 14 Allora la gente d’Israele prese delle loro provviste, e non consultò l’Eterno. 15 E Giosuè fece pace con loro e stabilì con loro un patto, per il quale avrebbe loro lasciato la vita; e i capi della comunità lo giurarono loro. 16 Ma tre giorni dopo aver stabilito questo patto, seppero che quelli erano loro vicini e abitavano in mezzo a loro; 17 poiché i figli d’Israele partirono, e giunsero alle loro città il terzo giorno: le loro città erano Gabaon, Chefira, Beerot e Chiriat-Iearim. 18 Ma i figli d’Israele non li uccisero, a causa del giuramento che i capi della comunità avevano fatto loro nel nome dell’Eterno, dell’Iddio d’Israele. Però, tutta la comunità mormorò contro i capi. 19 E tutti i capi dissero all’intera comunità: "Noi abbiamo giurato loro nel nome dell’Eterno, dell’Iddio d’Israele; perciò non li possiamo toccare. 20 Ecco quello che faremo loro: li lasceremo in vita, per non attirarci addosso l’ira dell’Eterno, a causa del giuramento che gli abbiamo fatto". 21 I capi dissero dunque: "Essi vivranno!". Ma quelli furono semplici spaccalegna e portatori d’acqua per tutta la comunità, come i capi avevano detto loro. 22 Giosuè dunque li chiamò e parlò loro così: "Perché ci avete ingannati dicendo: Stiamo molto lontano da voi, mentre abitate in mezzo a noi? 23 Ora dunque siete maledetti, e non cesserete mai di essere schiavi, spaccalegna e portatori d’acqua per la casa del mio Dio". 24 E quelli risposero a Giosuè e dissero: "Era stato espressamente riferito ai tuoi servi che il tuo Dio, l’Eterno, aveva ordinato al suo servo Mosè di darvi tutto il paese e di sterminare davanti a voi tutti gli abitanti. E noi, al vostro avvicinarvi, siamo stati in grande timore per le nostre vite, e abbiamo fatto questo. 25 E ora eccoci qui nelle tue mani; trattaci come ti sembra che sia bene e giusto di fare". 26 Giosuè li trattò dunque così: li liberò dalle mani dei figli d’Israele, perché questi non li uccidessero; 27 ma in quel giorno li destinò a essere spaccalegna e portatori d’acqua per la comunità e per l’altare dell’Eterno, nel luogo che l’Eterno si sarebbe scelto: ed è ciò che fanno anche al giorno d’oggi.

Israel word deur die Gibeoniete bedrieg en sluit 'n verdrag met hulle.

1 EN toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,

2 het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.

3 Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,

4 het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;

5 ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.

6 So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van 'n ver land af; sluit dan nou 'n verbond met ons.

7 Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan 'n verbond met julle sluit?

8 Toe hulle vir Josua: Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?

9 En hulle vir hom: U dienaars kom van 'n baie ver land af, vanweë die Naam van die Here u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;

10 en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Ástarot was.

11 Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou 'n verbond met ons.

12 Ons brood hier warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword.

13 En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene hulle is verslyt deur die baie lang reis.

14 Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie.

15 En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle 'n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met 'n eed beloof.

16 Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.

17 Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim.

18 Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die Here, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.

19 Daarop al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die Here, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.

20 Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.

21 Verder die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het.

22 Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en : Waarom het julle ons bedrieg deur te : Ons woon baie ver van julle af terwyl julle tussen ons in woon?

23 Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.

24 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die Here u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.

25 Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u om met ons te handel.

26 Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat dié hulle nie gedood het nie.

27 So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die Here, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-