1 Quando tutta la nazione ebbe finito di passare il Giordano, l’Eterno disse a Giosuè: 2 "Prendete tra il popolo dodici uomini, uno per tribù, 3 e date loro quest’ordine: ‘Prendete dodici pietre da qui, in mezzo al Giordano, dal luogo dove i sacerdoti si sono fermati, portatele con voi di là dal fiume, e collocatele nel luogo dove vi accamperete stanotte’". 4 Giosuè chiamò i dodici uomini che aveva designato tra i figli d’Israele, un uomo per tribù, e disse loro: 5 "Passate davanti all’arca dell’Eterno, del vostro Dio, in mezzo al Giordano, e ognuno di voi porti in spalla una pietra, secondo il numero delle tribù dei figli d’Israele, 6 affinché questo sia un segno in mezzo a voi. Quando, in avvenire, i vostri figli vi domanderanno: ‘Che significano per voi queste pietre?’. 7 Voi risponderete loro: ‘Le acque del Giordano furono tagliate davanti all’arca del patto dell’Eterno; quando essa passò il Giordano, le acque del Giordano furono tagliate, e queste pietre sono, per i figli d’Israele, un ricordo per sempre’". 8 I figli d’Israele fecero dunque come Giosuè aveva ordinato; presero dodici pietre in mezzo al Giordano, come l’Eterno aveva detto a Giosuè, secondo il numero delle tribù dei figli d’Israele, e le portarono con loro di là dal fiume nel luogo dove dovevano passare la notte, e le collocarono lì. 9 Giosuè eresse anche dodici pietre in mezzo al Giordano, nel luogo dove si erano fermati i piedi dei sacerdoti che portavano l’arca del patto, e sono rimaste là fino al giorno d’oggi. 10 I sacerdoti che portavano l’arca rimasero fermi in mezzo al Giordano finché tutto quello che l’Eterno aveva comandato a Giosuè di dire al popolo fosse eseguito, conformemente agli ordini che Mosè aveva dato a Giosuè. E il popolo si affrettò a passare. 11 Quando tutto il popolo ebbe finito di passare, passò anche l’arca dell’Eterno, con i sacerdoti, alla presenza del popolo. 12 E i figli di Ruben, i figli di Gad e mezza tribù di Manasse passarono armati davanti ai figli d’Israele, come Mosè aveva detto loro. 13 Circa quarantamila uomini, pronti di tutto punto per la guerra, passarono davanti all’Eterno nelle pianure di Gerico, per andare a combattere. 14 In quel giorno, l’Eterno rese grande Giosuè agli occhi di tutto Israele; ed essi lo temettero, come avevano temuto Mosè tutti i giorni della sua vita. 15 L’Eterno parlò a Giosuè, e gli disse: 16 "Ordina ai sacerdoti che portano l’arca della Testimonianza di uscire dal Giordano". 17 Giosuè diede quest’ordine ai sacerdoti: "Uscite dal Giordano". 18 E appena i sacerdoti che portavano l’arca del patto dell’Eterno furono usciti di mezzo al Giordano e le piante dei loro piedi si alzarono e si posarono sull’asciutto, le acque del Giordano tornarono al loro posto, e strariparono dappertutto, come prima.
19 Il popolo salì dal Giordano il decimo giorno del primo mese, e si accampò a Ghilgal, all’estremità orientale di Gerico. 20 E Giosuè eresse a Ghilgal le dodici pietre che essi avevano preso dal Giordano. 21 Poi parlò ai figli d’Israele e disse loro: "Quando, in avvenire, i vostri figli domanderanno ai loro padri: ‘Che significano queste pietre?’, 22 voi lo farete sapere ai vostri figli dicendo: ‘Israele passò questo Giordano all’asciutto’. 23 Poiché l’Eterno, il vostro Dio, ha asciugato le acque del Giordano davanti a voi finché voi foste passati, come l’Eterno, il vostro Dio, fece al Mar Rosso che egli asciugò finché fossimo passati, 24 affinché tutti i popoli della terra riconoscano che la mano dell’Eterno è potente, e voi temiate in ogni tempo l’Eterno, il vostro Dio".
1 EN toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het die Here met Josua gespreek en gesê:
2 Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit elke stam een man,
3 en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.
4 Toe het Josua die twaalf man geroep wat hy uit die kinders van Israel, uit elke stam een man, aangestel het,
5 en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die Here julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle 'n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,
6 sodat dit 'n teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?
7 moet julle vir hulle sê: omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die Here by sy deurtog deur die Jordaan — die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as 'n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.
8 Die kinders van Israel het toe so gedoen soos Josua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan opgetel soos die Here met Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na die slaapplek toe en dit daar neergesit.
9 Josua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die verbondsark, gestaan het; en dit is daar tot vandag toe.
10 En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die Here Josua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek.
11 En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van die Here met die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.
12 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het gewapend voor die kinders van Israel deurgetrek soos Moses aan hulle gesê het.
13 Omtrent veertigduisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van die Here deurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo toe.
14 Dié dag het die Here Josua groot gemaak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moses gevrees het al die dae van sy lewe.
15 En die Here het met Josua gespreek en gesê:
16 Gee bevel aan die priesters wat die ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim.
17 Josua het daarop die priesters bevel gegee en gesê: Klim op uit die Jordaan.
18 En toe die priesters wat die verbondsark van die Here gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister op al sy walle geloop.
19 En die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Jordaan uit opgetrek en laer opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike grens van Jérigo.
20 En daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan geneem het, het Josua by Gilgal opgerig.
21 En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe?
22 dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë grond het Israel deur hierdie Jordaan getrek,
23 deurdat die Here julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die Here julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het;
24 dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die Here sterk is, sodat julle die Here julle God altyd mag vrees.