1 Giosuè era vecchio, molto avanti negli anni; e l’Eterno gli disse: "Tu sei vecchio, molto avanti negli anni, e rimane ancora una grandissima parte del paese da conquistare. 2 Ecco quello che rimane: tutti i distretti dei Filistei e tutto il territorio dei Ghesuriti, 3 dallo Sicor che scorre a oriente dell’Egitto, fino al confine di Ecron a settentrione: regione, che va ritenuta come cananea e che appartiene ai cinque prìncipi dei Filistei: a quello di Gaza, a quello di Asdod, a quello di Ascalon, a quello di Gat, a quello di Ecron, e anche agli Avvei, a mezzogiorno; 4 tutto il paese dei Cananei, e Meara che è dei Sidoni, fino ad Afec, fino al confine degli Amorei; 5 il paese dei Ghibliti e tutto il Libano verso oriente, da Baal-Gad, ai piedi del monte Ermon, fino all’ingresso di Camat; 6 tutti gli abitanti della regione montuosa dal Libano fino a Misrefot-Maim, tutti i Sidoni. Io li scaccerò davanti ai figli d’Israele; e tu distribuisci pure a sorte l’eredità di questo paese fra gli Israeliti, nel modo che ti ho comandato. 7 Ora dunque ripartisci l’eredità di questo paese fra nove tribù e la mezza tribù di Manasse". 8 I Rubeniti e i Gaditi, con l’altra metà della tribù di Manasse, hanno ricevuto la loro eredità, che Mosè, servo dell’Eterno, diede loro di là dal Giordano, a oriente: 9 da Aroer sull’orlo della valle di Arnon, e dalla città che è in mezzo alla valle, tutto l’altopiano di Medeba fino a Dibon; 10 tutte le città di Sicon re degli Amorei, che regnava a Chesbon, fino al confine dei figli di Ammon; 11 Galaad, il territorio dei Ghesuriti e dei Maacatiti, tutto il monte Ermon e tutto Basan fino a Salca; 12 tutto il regno di Og, in Basan, che regnava ad Astarot e a Edrei, ultimo superstite dei Refaim. Mosè sconfisse questi re e li scacciò. 13 Ma i figli d’Israele non scacciarono i Ghesuriti e i Maacatiti; e Ghesur e Maacat abitano in mezzo a Israele fino al giorno d’oggi. 14 Soltanto alla tribù di Levi Mosè non diede nessuna eredità; i sacrifici offerti mediante il fuoco all’Eterno, all’Iddio d’Israele, sono la sua eredità, come egli disse. 15 Mosè dunque diede alla tribù dei figli di Ruben la loro parte, secondo le loro famiglie; 16 essi ebbero per territorio, partendo da Aroer sulle sponde della valle dell’Arnon, e dalla città che è in mezzo alla valle, tutto l’altopiano presso Medeba, 17 Chesbon e tutte le sue città che sono sull’altopiano: Dibon, Bamot-Baal, Bet-Baal-Meon, 18 Iaas, Chedemot, Mefaat, 19 Chiriataim, Sibma, Seret-Asaar sul monte della valle, 20 Bet-Peor, le pendici del Pisga e Bet-Iesimot; 21 tutte le città dell’altopiano, tutto il regno di Sicon, re degli Amorei che regnava a Chesbon, quello che Mosè sconfisse con i prìncipi di Madian, Evi, Rechem, Sur, Cur e Reba, prìncipi vassalli di Sicon, che abitavano il paese. 22 I figli d’Israele fecero morire di spada anche Balaam, figlio di Beor, l’indovino, insieme agli altri che uccisero. 23 Al territorio dei figli di Ruben faceva da confine il Giordano. Questa fu l’eredità dei figli di Ruben secondo le loro famiglie: con le città e i villaggi annessi. 24 Mosè diede anche alla tribù di Gad, ai figli di Gad, la loro parte, secondo le loro famiglie. 25 Essi ebbero per territorio Iaezer, tutte le città di Galaad, la metà del paese dei figli di Ammon fino ad Aroer che è di fronte a Rabba, 26 da Chesbon fino a Ramat-Mispè e Betonim, da Maanaim fino al confine di Debir, 27 e, nella valle, Bet-Aram, Bet-Nimra, Succot e Safon, residuo del regno di Sicon re di Chesbon, avendo il Giordano come confine fino all’estremità del mare di Chinneret, di là dal Giordano, a oriente. 28 Questa fu l’eredità dei figli di Gad, secondo le loro famiglie, con le città e i villaggi annessi. 29 Mosè diede anche alla mezza tribù di Manasse, ai figli di Manasse, la loro parte, secondo le loro famiglie. 30 Il loro territorio comprendeva, da Maanaim, tutto Basan, tutto il regno di Og re di Basan, tutti i borghi di Iair in Basan, in tutto sessanta terre. 31 La metà di Galaad, Astarot ed Edrei, città del regno di Og in Basan, toccarono ai figli di Machir, figlio di Manasse, alla metà dei figli di Machir, secondo le loro famiglie. 32 Queste sono le parti che Mosè fece quando era nelle pianure di Moab, di là dal Giordano, di fronte a Gerico, a oriente. 33 Ma alla tribù di Levi Mosè non diede nessuna eredità: l’Eterno, l’Iddio d’Israele, è la sua eredità, come egli disse loro.
1 EN toe Josua oud en ver op sy dae was, het die Here vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog 'n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.
2 Dit is die land wat oorgebly het: Al die landstreke van die Filistyne en al die Gesuriete,
3 van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Áskelon, dié van Gat en dié van Ekron, en die Awiete
4 in die suide; die hele land van die Kanaäniete en Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;
5 en die land van die Gibliete en die hele Líbanon aan die oostekant, van Baäl-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot by die ingang na Hamat.
6 Al die bewoners van die gebergte, van die Líbanon af tot by Mísrefot-Maim, al die Sidoniërs — Ek self sal hulle voor die kinders van Israel uit verdrywe; laat dit net as erfdeel aan Israel val soos Ek jou beveel het.
7 Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse.
8 Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die Here, dit aan hulle gegee het:
9 van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van Medéba af tot by Dibon;
10 en al die stede van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon;
11 en Gílead en die grondgebied van die Gesuriete en Maägatiete en die hele berg Hermon en die hele Basan tot by Salka;
12 die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Ástarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe).
13 Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.
14 Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die Here, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.
15 En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;
16 sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Medéba;
17 Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Méon
18 en Jahas en Kedémot en Mefáät;
19 en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,
20 en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Hajésimot;
21 en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land.
22 By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.
23 So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
24 En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;
25 sodat hulle die grondgebied ontvang het van Jaéser en al die stede van Gílead en die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Ároër wat teenoor Rabba lê,
26 van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en van Mahanáim af tot by die grens van Lídbir;
27 en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.
28 Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
29 Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse ontvang het volgens hulle geslagte —
30 hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;
31 en die halwe Gílead en Ástarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse — aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.
32 Dit is wat Moses as erfenis uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;
33 maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; die Here, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het.