1 Quando tutti i re degli Amorei che erano di là dal Giordano verso occidente e tutti i re dei Cananei che erano presso il mare udirono che l’Eterno aveva asciugato le acque del Giordano davanti ai figli d’Israele finché fossero passati, il loro cuore venne meno e non rimase più in loro alcun coraggio di fronte ai figli d’Israele. 2 In quel tempo, l’Eterno disse a Giosuè: "Fatti dei coltelli di pietra, e torna di nuovo a circoncidere i figli d’Israele". 3 Allora Giosuè si fece dei coltelli di pietra e circoncise i figli d’Israele sul colle di Aralot. 4 Questo fu il motivo per cui li circoncise: tutti i maschi del popolo uscito dall’Egitto, cioè tutti gli uomini di guerra, erano morti nel deserto durante il viaggio, dopo essere usciti dall’Egitto. 5 Ora tutto questo popolo uscito dall’Egitto era circonciso; ma tutto il popolo nato nel deserto durante il viaggio, dopo l’uscita dall’Egitto, non era stato circonciso. 6 Poiché i figli d’Israele avevano camminato per quarant’anni nel deserto finché tutta la nazione, cioè tutti gli uomini di guerra che erano usciti dall’Egitto, furono distrutti, perché non avevano ubbidito alla voce dell’Eterno. L’Eterno aveva giurato loro che non gli avrebbe fatto vedere il paese che aveva promesso con giuramento ai loro padri di darci: paese dove scorrono il latte e il miele; 7 e sostituì a loro i loro figli. Giosuè circoncise costoro, perché erano incirconcisi, non essendo stati circoncisi durante il viaggio. 8 E quando ebbe finito di circoncidere tutta la nazione, quelli rimasero al loro posto nell’accampamento, finché fossero guariti. 9 Allora l’Eterno disse a Giosuè: "Oggi ho rimosso da voi la vergogna dell’Egitto". E quel luogo fu chiamato Ghilgal, nome che dura fino al giorno d’oggi. 10 I figli d’Israele si accamparono a Ghilgal e celebrarono la Pasqua il quattordicesimo giorno del mese, sulla sera, nelle pianure di Gerico. 11 E il giorno dopo la Pasqua, in quel preciso giorno, mangiarono dei prodotti del paese: pani azzimi e grano arrostito. 12 E la manna cessò il giorno dopo che mangiarono dei prodotti del paese; e i figli d’Israele non ebbero più manna, ma mangiarono, quell’anno stesso, del frutto del paese di Canaan.
13 Mentre Giosuè era presso Gerico, alzò gli occhi, guardò, ed ecco un uomo in piedi che gli stava davanti con una spada sguainata in mano. Giosuè andò verso di lui e gli disse: "Sei dei nostri, o dei nostri nemici?". 14 Ed egli rispose: "No, io sono il capo dell’esercito dell’Eterno; arrivo adesso". Allora Giosuè cadde con la faccia a terra, si prostrò, e gli disse: "Che cosa vuol dire il mio signore al suo servo?". 15 Il capo dell’esercito dell’Eterno disse a Giosuè: "Togliti i calzari dai piedi; perché il luogo dove stai è santo". E Giosuè fece così.
1 EN toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die Here die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.
2 IN dié tyd het die Here vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.
3 Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.
4 En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.
5 Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie.
6 Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die Here gehoorsaam was nie; vir wie die Here gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die Here hulle vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee nie — 'n land wat oorloop van melk en heuning.
7 Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.
8 En toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was.
9 Toe het die Here vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe.
10 Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.
11 En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.
12 En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.
13 En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan 'n man teenoor hom met 'n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?
14 En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?
15 Toe sê die leërowerste van die Here vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.