Pūremu i roto i te Hāhi
1 Kua pakū noa atu te rongo he pūremu kei roto i a koutou, he tū pūremu kāhore nei i roto i ngā tauiwi, arā, kua riro i tētahi o koutou te wahine a tōna pāpā. 2 Ā, e whakapehapeha ana koutou, tē pōuri koutou, te mea kia tangohia atu i roto i a koutou te tangata nāna tēnei mahi. 3 Nā, ko ahau, ahakoa tawhiti i te tinana kei konā te wairua, kua whakahē noa ake i te tangata nāna tēnei mahi i runga i te ingoa o tō tātou Ariki, o Īhu, me te mea kei konā anō ahau; 4 e noho huihui ana koutou me tōku wairua, i runga i te kaha o tō tātou Ariki, o Īhu. 5 Ka tuku atu ai i tēnā tū tangata ki a Hātana, hei whakangaro mō te kikokiko, kia ora ai te wairua i te rā o te Ariki, o Īhu.
6 Kāhore e pai tā koutou whakapehapeha. Kāhore koutou e mātau he iti nei te rēwena, rēwenatia ake te pūranga katoa? 7 Kokoa ki waho te rēwena tawhito, kia ai koutou he pūranga hou, me koutou e rēwenakore nā. Kua patua hoki mō tātou a te Karaiti, tō tātou Kapenga. 8 Nā, kia kai tātou i te hākari, auaka te rēwena tawhito, auaka hoki te rēwena o te mauāhara, o te kino, engari, hei te taro rēwenakore o te tinihangakore, o te pono.
9 I tuhituhi atu ahau ki a koutou i roto i te pukapuka, kia kaua e whakahoa ki ngā tāngata pūremu. 10 Ehara ia i te mea rawa mō te hunga pūremu o tēnei ao, mō te hunga apo, hao taonga, karakia whakapakoko; pēnei me haere atu koutou ki waho o te ao. 11 Engari, ināianei ka tuhituhi atu ahau ki a koutou, kia kaua e whakahoa, ki te mea tētahi e kīia nei he teina he tangata moepuku, he apo rānei, e karakia ana rānei ki te whakapakoko, he tangata taunu rānei, he haurangi, he hao taonga rānei; kaua rawa koutou ko taua tū tangata e kai tahi.
12 Hei aha rā māku te whakawā i te hunga o waho? E kore koia koutou e whakawā i te hunga o roto? 13 Ā, ko te hunga o waho mā te Atua rātou e whakawā? "Nā, motuhia atu taua tangata kino i roto i a koutou."
Die sedeloosheid van die Korinthiese gemeente. Bestraffinge en vermaninge.
1 'n MENS hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
2 En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.
3 Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,
4 in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus —
5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
6 Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
7 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.
8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
9 Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie —
10 dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan —
11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as 'n broeder bekend, 'n hoereerder is of 'n gierigaard of 'n afgodedienaar of 'n kwaadspreker of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
12 Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
13 Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.