Pular para o conteúdo
Publicidade

Whakakitenga 9

AFR53

1 Ā, ka whakatangi te rima o ngā anahera, ā, ka kite ahau i tētahi whetū te rangi kua taka iho ki te whenua. Ā, ka hoatu ki a ia te o te poka tōrere. 2 Ā, uakina ana e ia te poka tōrere; ā, ka puta ake he paoa i te poka, ānō he paoa tētahi kāpura nui; ā, pōuri iho te me te rangi i te paoa o te poka. 3 Ā, ka puta mai i te paoa he māwhitiwhiti ki runga ki te whenua; i hoatu hoki ki a rātou he kaha, he pērā me te kaha o ngā kopiona o te whenua. 4 I kōrerotia hoki ki a rātou kia kaua e kino i a rātou te tarutaru o te whenua, tētahi mea matomato rānei, tētahi rākau rānei; ko ngā tāngata anake kāhore nei te hīri a te Atua i ō rātou rae. 5 I tukua anō hoki ki a rātou kia kaua e whakamate i ērā, engari me whakamamae kia rima anō ngā marama; ā, ko rātou whakamamae kia pērā me te whakamamae a te kopiona, ina wero i te tangata. 6 Ā, i aua tērā ngā tāngata e rapu i te mate, ā, e kore rawa e kitea; e hiahia anō rātou kia mate, heoi, ka oma te mate i a rātou.

7 , ko te waihanga o ngā māwhitiwhiti rite tonu ki ngā hōiho kua oti te whakanoho te pakanga. Ā, i runga i ō rātou mātenga he mea e rite ana ki ngā karauna kōura, ā, ko ō rātou kanohi ānō he kanohi tāngata. 8 He makawe anō rātou rite tonu ki te makawe wahine, ko ō rātou niho me te mea te raiona. 9 He pukupuku hoki ō rātou, ānō he pukupuku rino; ā, ko te haruru o ō rātou pākau, ānō ko te haruru o ngā hāriata, o ngā hōiho maha e rere ana ki te tatauranga. 10 He hiku ō rātou pērā i ō ngā kopiona, he wero hoki; ā, kei ō rātou hiku rātou kaha ki te whakamamae tāngata ngā marama e rima. 11 He kīngi anō rātou, ko te anahera o te poka tōrere; ko tōna ingoa i te reo Hiperu ko Aparona, ā, i te reo Kariki ko Aporiona tōna ingoa.

12 Kua pahemo te tuatahi o ngā auē; , e rua ake ngā auē kei te haere mai i muri.

13 , ka whakatangi te ono o ngā anahera, ā, ka rongo ahau ki tētahi reo, e ahu mai ana i ngā haona e whā o te āta kōura i te aroaro o te Atua, 14 e mea ana ki te ono o ngā anahera, kei a ia nei te tētere, "Wetekina ngā anahera tokowhā e here i te awa nui, i Uparati." 15 , ka wetekina aua anahera tokowhā, kua noho rite noa ake nei te hāora, me te , me te marama, me te tau, e whakamate ai rātou i te wāhi tuatoru o ngā tāngata. 16 Ā, ko te tokomaha o ngā taua o ngā hōia eke hōiho e rua tekau mano ngā tekau mano; i rongo hoki ahau ki rātou tokomaha.

17 Ko tāku tēnei i kite ai i ahau e titiro matakite ana, ko ngā hōiho me ngā kainoho i runga he pukupuku o rātou, ānō he ahi, he hakiniti, he whānāriki. , ko ngā upoko o ngā hōiho, ānō he upoko raiona; e puta mai ana hoki i ō rātou māngai he kāpura, he paoa, he whānāriki. 18 ēnei mate e toru i patu te wāhi tuatoru o ngā tāngata, te kāpura, te paoa, te whānāriki, i puta mai i ō rātou māngai. 19 Ko te kaha hoki o ngā hōiho kei ō rātou māngai, kei ō rātou waero; ko ō rātou waero koia anō kei te nākahi, he upoko ō rātou; ko ā rātou mea tūkino ēnei.

20 , ko ērā atu tāngata, kīhai nei i whakamatea e ēnei mate, kāhore rātou i rīpenetā ki ngā mahi a ō rātou ringaringa, kīhai hoki i mutu rātou koropiko ki ngā rēwera, ki ngā whakapakoko kōura, hiriwa, parāhi, kōhatu, rākau rānei; ki ngā mea kāhore nei e kite, kāhore e rongo, kāhore e hāereere. 21 Kāhore anō hoki rātou i rīpenetā ki ā rātou kōhuru, ki ā rātou mahi mākutu, ki ā rātou moepuku, ki ā rātou tāhae.

Die vyfde basuin of die eerste wee.

1 EN toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.

4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.

5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek.

6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

7 En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.

9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.

11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.

12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

Die sesde basuin of die tweede wee.

13 EN die sesde engel het geblaas, en ek het 'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak.

16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tienduisend maal tienduisend; en ek het hulle getal gehoor.

17 En het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.

18 Deur hierdie drie plae is 'n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

19 want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.

20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.

21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

Veja também