1 En Israel het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in Bers,ba gekom; en hy het offerandes gebring aan die God van sy vader Isak.

2 En God het tot Israel gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!

3 Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar 'n groot nasie maak.

4 Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en Josef sal jou oë toedruk.

5 Daarna het Jakob weggetrek van Bers,ba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6 En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kana„n verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:

7 sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.

8 En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het -- Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.

9 En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron en Karmi.

10 En die seuns van S¡meon: J,muel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kana„nitiese vrou.

11 En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Mer ri.

12 En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kana„n; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

13 En die seuns van Issaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

14 En die seuns van S,bulon: Sered en Elon en J gleël.

15 Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie en dertig.

16 En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Arodi en Areëli.

17 En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Ber¡a en Serag, hulle suster; en die seuns van Ber¡a: Heber en M lkiël.

18 Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.

19 Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.

20 En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Asenat, die dogter van Potif,ra, die priester van On, vir hom gebaar het.

21 En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Na„man, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.

22 Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.

23 En die seuns van Dan: Husim.

24 En die seuns van N ftali: J gseël en Guni en Jeser en Sillem.

25 Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.

26 Al die siele wat aan Jakob behoort het en, uit sy heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses en sestig siele.

27 En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig.

28 En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat die voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.

29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.

30 En Israel sê vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef!

31 Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kana„n was, het na my gekom.

32 En die manne is herders van kleinvee -- want hulle was veeboere -- en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.

33 En as Farao julle laat roep en sê: Wat is julle nering?

34 dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders -- sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 'n gruwel.

1 א ויסע ישראל וכל אשר לו ויבא בארה שבע ויזבח זבחים לאלהי אביו יצחק

2 ב ויאמר אלהים לישראל במראת הלילה ויאמר יעקב יעקב ויאמר הנני

3 ג ויאמר אנכי האל אלהי אביך אל תירא מרדה מצרימה כי לגוי גדול אשימך שם

4 ד אנכי ארד עמך מצרימה ואנכי אעלך גם עלה ויוסף ישית ידו על עיניך

5 ה ויקם יעקב מבאר שבע וישאו בני ישראל את יעקב אביהם ואת טפם ואת נשיהם בעגלות אשר שלח פרעה לשאת אתו

6 ו ויקחו את מקניהם ואת רכושם אשר רכשו בארץ כנען ויבאו מצרימה  יעקב וכל זרעו אתו

7 ז בניו ובני בניו אתו בנתיו ובנות בניו וכל זרעו--הביא אתו מצרימה  {ס}

8 ח ואלה שמות בני ישראל הבאים מצרימה יעקב ובניו  בכר יעקב ראובן

9 ט ובני ראובן--חנוך ופלוא וחצרן וכרמי

10 י ובני שמעון ימואל וימין ואהד--ויכין וצחר ושאול בן הכנענית

11 יא ובני לוי--גרשון קהת ומררי

12 יב ובני יהודה ער ואונן ושלה--ופרץ וזרח וימת ער ואונן בארץ כנען ויהיו בני פרץ חצרן וחמול

13 יג ובני יששכר--תולע ופוה ויוב ושמרן

14 יד ובני זבלון--סרד ואלון ויחלאל

15 טו אלה בני לאה אשר ילדה ליעקב בפדן ארם ואת דינה בתו  כל נפש בניו ובנותיו שלשים ושלש

16 טז ובני גד צפיון וחגי שוני ואצבן ערי וארודי ואראלי

17 יז ובני אשר ימנה וישוה וישוי ובריעה--ושרח אחתם ובני בריעה חבר ומלכיאל

18 יח אלה בני זלפה אשר נתן לבן ללאה בתו ותלד את אלה ליעקב שש עשרה נפש

19 יט בני רחל אשת יעקב יוסף ובנימן

20 כ ויולד ליוסף בארץ מצרים אשר ילדה לו אסנת בת פוטי פרע כהן אן--את מנשה ואת אפרים

21 כא ובני בנימן בלע ובכר ואשבל גרא ונעמן אחי וראש מפים וחפים וארד

22 כב אלה בני רחל אשר ילד ליעקב--כל נפש ארבעה עשר

23 כג ובני דן חשים

24 כד ובני נפתלי--יחצאל וגוני ויצר ושלם

25 כה אלה בני בלהה אשר נתן לבן לרחל בתו ותלד את אלה ליעקב כל נפש שבעה

26 כו כל הנפש הבאה ליעקב מצרימה יצאי ירכו מלבד נשי בני יעקב--כל נפש ששים ושש

27 כז ובני יוסף אשר ילד לו במצרים נפש שנים  כל הנפש לבית יעקב הבאה מצרימה שבעים  {ס}

28 כח ואת יהודה שלח לפניו אל יוסף להורת לפניו גשנה ויבאו ארצה גשן

29 כט ויאסר יוסף מרכבתו ויעל לקראת ישראל אביו גשנה וירא אליו ויפל על צואריו ויבך על צואריו עוד

30 ל ויאמר ישראל אל יוסף אמותה הפעם אחרי ראותי את פניך כי עודך חי

31 לא ויאמר יוסף אל אחיו ואל בית אביו אעלה ואגידה לפרעה ואמרה אליו אחי ובית אבי אשר בארץ כנען באו אלי

32 לב והאנשים רעי צאן כי אנשי מקנה היו וצאנם ובקרם וכל אשר להם הביאו

33 לג והיה כי יקרא לכם פרעה ואמר מה מעשיכם

34 לד ואמרתם אנשי מקנה היו עבדיך מנעורינו ועד עתה--גם אנחנו גם אבתינו  בעבור תשבו בארץ גשן כי תועבת מצרים כל רעה צאן