1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

2 Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.

3 Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?

4 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?

5 Kyk, selfs die maan -- hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.

6 Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.

1 Then Bildad the Shuhite made answer and said,

2 Rule and power are his; he makes peace in his high places.

3 Is it possible for his armies to be numbered? and on whom is not his light shining?

4 How then is it possible for man to be upright before God? or how may he be clean who is a son of woman?

5 See, even the moon is not bright, and the stars are not clean in his eyes:

6 How much less man who is an insect, and the son of man who is a worm!