Publicidade

Jó 12

1 Maar Job het geantwoord en gesê:2 Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?4 Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het -- 'n belagging is die regverdige, die opregte!5 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.6 Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.7 Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?10 In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.11 Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?12 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.13 By Hom is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.14 Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.15 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.16 By Hom is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.17 Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.18 Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.19 Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.20 Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.21 Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.22 Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.23 Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.24 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.25 Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.

1 욥이 대답하여 가로되2 너희만 참으로 사람이로구나 너희가 죽으면 지혜도 죽겠구나3 나도 너희 같이 총명이 있어 너희만 못하지 아니하니 그같은 일을 누가 알지 못하겠느냐 ?4 하나님께 불러 아뢰어 들으심을 입은 내가 이웃에게 웃음 받는 자가 되었으니 의롭고 순전한 자가 조롱거리가 되었구나5 평안한 자의 마음은 재앙을 멸시하나 재앙이 실족하는 자를 기다리는구나6 강도의 장막은 형통하고 하나님을 진노케 하는 자가 평안하니 하나님이 그 손에 후히 주심이니라7 이제 모든 짐승에게 물어 보라 그것들이 네게 가르치리라 공중의 새에게 물어 보라 그것들이 또한 네게 고하리라8 땅에게 말하라 네게 가르치리라 바다의 고기도 네게 설명하리라9 이것들 중에 어느 것이 여호와의 손이 이를 행하신 줄을 알지 못하랴10 생물들의 혼과 인생들의 영이 다 그의 손에 있느니라11 입이 식물의 맛을 변별함 같이 귀가 말을 분변하지 아니하느냐 ?12 늙은 자에게는 지혜가 있고 장수하는 자에게는 명철이 있느니라13 지혜와 권능이 하나님께 있고 모략과 명철도 그에게 속하였나니14 그가 헐으신즉 다시 세울 수 없고 사람을 가두신즉 놓지 못하느니라15 그가 물을 그치게 하신즉 곧 마르고 물을 내신즉 곧 땅을 뒤집나니16 능력과 지혜가 그에게 있고 속은 자와 속이는 자가 다 그에게 속하였으므로17 모사를 벌거벗겨 끌어가시며 재판장으로 어리석은 자가 되게 하시며18 열왕의 맨 것을 풀어 그들의 허리를 동이시며19 제사장들을 벌거벗겨 끌어 가시고 권력이 있는 자를 넘어뜨리시며20 충성된 자의 말을 없이 하시며 늙은 자의 지식을 빼앗으시며21 방백들에게 멸시를 쏟으시며 강한 자의 띠를 푸시며22 어두운 가운데서 은밀한 것을 드러내시며 죽음의 그늘을 광명한데로 나오게 하시며23 만국을 커지게도 하시고 다시 멸하기도 하시며 열국으로 광대하게도 하시고 다시 사로잡히게도 하시며24 만민의 두목들의 총명을 빼앗으시고 그들을 길 없는 거친 들로 유리하게 하시며25 빛 없이 캄캄한 데를 더듬게 하시며 취한 사람 같이 비틀거리게 하시느니라

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-