Publicidade

Jó 34

1 Verder het El¡hu aangehef en gesê:2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.4 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.6 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!7 Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?8 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?9 Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.10 Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!11 Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.12 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.16 As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.17 Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?18 Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!19 Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.20 In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf -- nie deur 'n hand nie.21 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.22 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.23 Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.24 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.25 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.26 Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,27 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie --28 om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.29 En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? -- of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;30 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.31 Want sê iemand wel tot God: Ek boet sonder dat ek sleg handel;32 wat ek nie insien nie, leer U my dit; s ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie --33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat u moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet -- spreek dit uit!34 Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.36 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.37 Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.

1 엘리후가 말을 이어 가로되2 지혜 있는 자들아 ! 내 말을 들으며 지식 있는 자들아 ! 내게 귀를 기울이라3 입이 식물의 맛을 변별함 같이 귀가 말을 분별하나니4 우리가 스스로 옳은 것은 택하고 무엇이 선한가 우리끼리 알아보자5 욥이 말하기를 내가 의로우나 하나님이 내 의를 제하셨고6 내가 정직하나 거짓말장이가 되었고 나는 허물이 없으나 내 상처가 낫지 못하게 되었노라 하니7 어느 사람이 욥과 같으랴 욥이 훼방하기를 물마시듯 하며8 악한 일을 하는 자들과 사귀며 악인과 함께 다니면서9 이르기를 사람이 하나님을 기뻐하나 무익하다 하는구나10 그러므로 너희 총명한 자들아 내 말을 들으라 하나님은 단정코 악을 행치 아니하시며 전능자는 단정코 불의를 행치 아니하시고11 사람의 일을 따라 보응하사 각각 그 행위대로 얻게 하시나니12 진실로 하나님은 악을 행치 아니하시며 전능자는 공의를 굽히지 아니하시느니라13 누가 땅을 그에게 맡겼느냐 누가 온 세계를 정하였느냐14 그가 만일 자기만 생각하시고 그 신과 기운을 거두실진대15 모든 혈기 있는 자가 일체로 망하고 사람도 진토로 돌아가리라16 만일 총명이 있거든 이것을 들으며 내 말소리에 귀를 기울이라17 공의를 미워하는 자시면 어찌 치리하시겠느냐 의롭고 전능하신 자를 네가 정죄하겠느냐18 그는 왕에게라도 비루하다 하시며 귀인들에게라도 악하다 하시며19 왕족을 외모로 취치 아니하시며 부자를 가난한 자보다 더 생각하지 아니하시나니 이는 그들이 다 그의 손으로 지으신 바가 됨이 니라20 그들은 밤중 순식간에 죽나니 백성은 떨며 없어지고 세력있는 자도 사람의 손을 대지 않고 제함을 당하느니라21 하나님은 사람의 길을 주목하시며 사람의 모든 걸음을 감찰하시나니22 악을 행한 자는 숨을 만한 흑암이나 어두운 그늘이 없느니라23 하나님은 사람을 심판하시기에 오래 생각하실 것이 없으시니24 세력 있는 자를 조사할 것 없이 꺾으시고 다른 사람을 세워 그를 대신하게 하시느니라25 이와 같이 그들의 행위를 아시고 그들을 밤 사이에 엎으신즉 멸망하나니26 그들을 악한 자로 여겨 사람의 목전에서 치심은27 그들이 그를 떠나고 그의 모든 길을 무관히 여김이라28 그들이 이와 같이 하여 가난한 자의 부르짖음이 그에게 상달케하며 환난 받는 자의 부르짖음이 그에게 들리게 하느니라29 주께서 사람에게 평강을 주실 때에 누가 감히 잘못하신다 하겠느냐 주께서 자기 얼굴을 가리우실 때에 누가 감히 뵈올 수 있으랴 나라에게나 사람에게나 일반이시니30 이는 사특한 자로 권세를 잡아 백성을 함해하지 못하게 하려 하심이니라31 누가 하나님께 아뢰기를 내가 징계를 받았사오니 다시는 범죄치 아니하겠나이다32 나의 깨닫지 못하는 것을 내게 가르치소서 내가 악을 행하였으면 다시는 아니하겠나이다 한 자가 있느냐33 하나님이 네 뜻대로 갚으셔야 하겠다고 네가 그것을 싫어하느냐 그러면 네가 스스로 택할 것이요 내가 할 것이 아니니 너는 아는대로 말하라34 총명한 자와 내 말을 듣는 모든 지혜 있는 자가 필연 내게 이르기를35 욥이 무식하게 말하니 그 말이 지혜 없다 하리라36 욥이 끝까지 시험받기를 내가 원하노니 이는 그 대답이 악인과 같음이라37 그가 그 죄 위에 패역을 더하며 우리 중에서 손뼉을 치며 하나님을 거역하는 말을 많이 하는구나

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-