1 Maar Job het geantwoord en gesê:

2 Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?

3 Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.

4 En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.

5 As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,

6 weet dan dat God my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.

7 As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.

8 Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.

9 My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.

10 Hy werp my aan alle kante omver, en -- daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos 'n boom.

11 Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.

12 As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.

13 My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.

14 My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.

15 My bywoners en my slavinne beskou my as 'n vreemde; 'n onbekende het ek geword in hulle oë.

16 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.

17 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.

18 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.

19 Al my vertroude vriende het 'n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.

20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.

21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!

22 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?

23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in 'n boek opgeteken word --

24 met 'n ystergriffel en lood -- vir altyd in 'n rots ingekap!

25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

27 Hom wat ,k sal aanskou my ten goede, en my oë -- en geen vreemde nie -- sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.

28 As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! --

29 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.

1 욥이 대답하여 가로되

2 너희가 내 마음을 번뇌케 하며 말로 꺾기를 어느 때까지 하겠느냐 ?

3 너희가 열 번이나 나를 꾸짖고 나를 학대하고도 부끄러워 아니하는구나

4 내가 과연 허물이 있었다 할지라도 그 허물이 내게만 있는 것이니

5 너희가 참으로 나를 향하여 자긍하며 내게 수치될 행위가 있다고 증명하려면 하려니와

6 하나님이 나를 굴하게 하시고 자기 그물로 나를 에워싸신 줄은 알아야 할지니라

7 내가 포학을 당한다고 부르짖으나 응답이 없고 간구할지라도 신원함이 없구나

8 그가 내 길을 막아 지나지 못하게 하시고 내 첩경에 흑암을 두셨으며

9 나의 영광을 벗기시며 나의 면류관을 머리에서 취하시고

10 사면으로 나를 헐으시니 나는 죽었구나 내 소망을 나무 뽑듯 뽑으시고

11 나를 향하여 진노하시고 원수같이 보시는구나

12 그 군대가 일제히 나아와서 길을 수축하고 나를 치며 내 장막을 둘러 진 쳤구나

13 나의 형제들로 나를 멀리 떠나게 하시니 나를 아는 모든 사람이 내게 외인이 되었구나

14 내 친척은 나를 버리며 가까운 친구는 나를 잊었구나

15 내 집에 우거한 자와 내 계집종들은 나를 외인으로 여기니 내가 그들 앞에서 타국 사람이 되었구나

16 내가 내 종을 불러도 대답지 아니하니 내 입으로 그에게 청하여야 하겠구나

17 내 숨을 내 아내가 싫어하며 내 동포들도 혐의하는구나

18 어린 아이들이라도 나를 업신여기고 내가 일어나면 나를 조롱하는구나

19 나의 가까운 친구들이 나를 미워하며 나의 사랑하는 사람들이 돌이켜 나의 대적이 되었구나

20 내 피부와 살이 뼈에 붙었고 남은 것은 겨우 잇꺼풀 뿐이로구나

21 나의 친구야 너희는 나를 불쌍히 여기라 나를 불쌍히 여기라 하나님의 손이 나를 치셨구나

22 너희가 어찌하여 하나님처럼 나를 핍박하느냐 ? 내 살을 먹고도 부족하냐

23 나의 말이 곧 기록되었으면, 책에 씌어졌으면,

24 철필과 연으로 영영히 돌에 새겨졌으면 좋겠노라

25 내가 알기에는 나의 구속자가 살아 계시니 후일에 그가 땅 위에 서실 것이라

26 나의 이 가죽, 이것이 썩은 후에 내가 육체 밖에서 하나님을 보리라

27 내가 친히 그를 보리니 내 눈으로 그를 보기를 외인처럼 하지 않을 것이라 내 마음이 초급하구나

28 너희가 만일 이르기를 우리가 그를 어떻게 칠꼬 하며 또 이르기를 일의 뿌리가 그에게 있다 할진대

29 너희는 칼을 두려워할지니라 분노는 칼의 형벌을 부르나니 너희가 심판이 있는 줄을 알게 되리라