1 'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.

2 Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.

3 Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;

4 want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.

5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

6 Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.

7 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

9 Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.

10 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou -- met goedertierenheid sal Hy hom omring.

11 Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

1 Daavidin virsi. Autuas se, jonka pahat teot on annettu anteeksi, jonka synnit on pyyhitty pois.

2 Autuas se ihminen, jolle Herra ei lue viaksi hänen syntiään ja jonka sydämessä ei ole vilppiä.

3 Niin kauan kuin minä vaikenin synnistäni, ruumiini riutui ja kuihtui. Päivät päästään minä huusin tuskassani.

4 Öin ja päivin kätesi painoi minua raskaana. Minun elämänvoimani haihtui niin kuin kosteus kesän helteessä. (sela)

6 Rukoilkoot kaikki palvelijasi sinua hädän hetkellä. Vaikka suuret vedet tulvisivat, ne eivät heihin ulotu.

7 Sinä olet minulle turvapaikka, sinä varjelet minut vaarasta. Riemuhuudot kajahtavat ympärilläni, kun sinä autat ja pelastat. (sela)

9 Älkää olko kuin järjettömät eläimet, kuin muulit ja hevoset, joita täytyy hillitä suitsilla ja kuolaimilla, muuten ne eivät suostu ohjattaviksi.

10 Jumalaton saa osakseen paljon tuskaa, mutta Herran armo ympäröi sen, joka häneen turvaa.

11 Iloitkaa ja riemuitkaa Herrasta, te vanhurskaat! Kohottakaa riemuhuuto, te oikeamieliset!