1 Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning.
2 Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.
3 Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid.
4 Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.
5 Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.
6 Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie -- 'n swaar reën op die aarde.
7 In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.
8 En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.
9 Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.
10 Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.
11 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.
12 Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.
13 Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.
14 Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.
15 Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!
16 Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die L¡banon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!
17 Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseënword, hom gelukkig prys!
18 Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!
19 En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.
20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.
1 Salomon psalmi. Jumala, neuvo kuninkaalle lakisi, opeta oikeamielisyys hallitsijalle!
2 Hän jakakoon kansallesi oikeutta, köyhiä palvelijoitasi hän auttakoon,
3 niin vuoret kantavat rauhan hedelmää ja oikeus verhoaa kukkulat.
4 Olkoon hänen tuomionsa köyhän turva, maan vähäiset saakoot hänen apunsa, ja sortajat hän murskatkoon,
5 niin häntä kunnioitetaan polvesta polveen, niin kauan kuin kiertävät aurinko ja kuu.
6 Olkoon hän kuin sade kuivalle nurmelle, kuin maahan lankeava kevätsade.
7 Kukoistakoon oikeus hänen päivinään, ja vallitkoon rauhan runsaus, kunnes kuuta ei enää ole.
8 Merestä mereen hän hallitkoon, suurelta virralta maan ääriin asti.
9 Kumartakoot häntä aavikoitten asujat, hänen edessään viholliset nuolkoot tomua.
10 Saakoon hän Tarsisin ja meren saarten lahjat, Saban ja Seban kuninkaitten verot.
11 Kaikki kuninkaat kumartakoot häntä, ja palvelkoot häntä kaikki kansat,
12 sillä hän kuulee köyhän avunhuudot ja rientää turvattoman auttajaksi.
13 Hän säälii kurjaa ja avutonta ja pelastaa köyhät ahdingosta,
14 lunastaa heidät väkivallan ja sorron alta, ja jokaisen henki on hänelle kallis.
15 Eläköön hän kauan ja saakoon Saban kultaa. Rukoilkoon kansa aina hänen puolestaan, pyytäköön lakkaamatta hänelle siunausta,
16 niin maa kasvaa viljaa yltäkylläisesti, vainiot lainehtivat vuorten harjanteilla asti, laiho on sankka kuin Libanonin metsä ja lyhteet lukuisat kuin ruoho maassa.
17 Pysyköön hänen nimensä ikuisesti, muistettakoon se aina auringon alla. Tuokoon se kaikille siunausta, ja kansat ylistäkööt hänen onneaan.
18 Ylistetty on Herra, Israelin Jumala, ihmeelliset ovat hänen tekonsa, ei ole hänelle vertaa!
19 Ylistetty ikuisesti hänen nimensä kunnia. Maa on täynnä hänen kirkkauttaan. Aamen, Aamen.
20 Daavidin, Iisain pojan, rukoukset päättyvät tähän.