Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Crônicas 15

BIBEL1930

Dawid bring die ark na Jerusalem oor en reël die openbare godsdiens.

1 EN hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.

2 Toe Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die Here het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.

3 En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die Here te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

4 En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

5 van die seuns van Kehat: Úriël, die owerste, en sy broers, honderd-en-twintig;

6 van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, tweehonderd-en-twintig;

7 van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd-en-dertig;

8 van die seuns van Elísafan: Semája, die owerste, en sy broers, tweehonderd;

9 van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;

10 van die seuns van Ússiël: Ammínadab, die owerste, en sy broers, honderd-en-twaalf.

11 En Dawid het Sadok en Ábjatar, die priesters, en die Leviete Úriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Ammínadab laat roep

12 en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die Here, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.

13 Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die Here onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

14 Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die Here, die God van Israel, te gaan haal.

15 En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die Here beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.

16 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

17 Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;

18 en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jéhiël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;

19 en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

20 en Sagaría en Ásiël en Semíramot en Jéhiël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe, met sopraanstemme;

21 en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.

22 En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.

23 En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.

24 En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.

25 Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die Here met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.

26 En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die Here dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

27 En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad.

28 En die hele Israel het die verbondsark van die Here gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.

29 Toe die verbondsark van die Here by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.

1 Siden bygget han sig huser i Davids stad og gjorde i stand et sted for Guds ark og reiste et telt for den. 2 Da sa David: Ingen skal bære Guds ark uten levittene; for dem har Herren utvalgt til å bære Guds ark og til å tjene ham for alle tider. 3 samlet David hele Israel til Jerusalem for å føre Herrens ark op til det sted som han hadde gjort i stand for den. 4 Og David kalte Arons barn og levittene sammen: 5 av Kahats barn Uriel, den øverste, og hans brødre, hundre og tyve, 6 av Meraris barn Asaja, den øverste, og hans brødre, to hundre og tyve, 7 av Gersoms barn Joel, den øverste, og hans brødre, hundre og tretti, 8 av Elisafans barn Semaja, den øverste, og hans brødre, to hundre, 9 av Hebrons barn Eliel, den øverste, og hans brødre, åtti. 10 av Ussiels barn Amminadab, den øverste, og hans brødre, hundre og tolv. 11 kalte David til sig prestene Sadok og Ebjatar og levittene Uriel, Asaja og Joel, Semaja og Eliel og Amminadab. 12 Og han sa til dem: I familiehoder for levittene, hellige eder, både I og eders brødre, og før Herrens, Israels Guds ark op til det sted jeg har gjort i stand for den! 13 Det var fordi I ikke var med første gang at Herren vår Gud brøt inn iblandt oss; for vi søkte ham ikke rette måte. 14 Da helliget prestene og levittene sig for å føre Herrens. Israels Guds ark op. 15 Og levittenes barn bar Guds ark sine skuldrer ved hjelp av bærestengene, således som Moses hadde påbudt efter Herrens ord. 16 bød David de øverste blandt levittene at de skulde stille sine brødre sangerne frem med musikkinstrumenter, harper og citarer og cymbler, som de skulde spille , idet de lot gledesangen tone. 17 Da stilte levittene frem Heman, sønn av Joel, og av hans brødre Asaf, sønn av Berekja, og av deres brødre Meraris barn Etan, sønn av Kusaja, 18 og sammen med dem deres brødre av annen rang, Sakarja, Ben og Ja’siel og Semiramot og Jehiel og Unni, Eliab og Benaja og Ma’seja og Mattitja og Eliflehu og Mikneja og Obed-Edom og Je’el, dørvokterne. 19 Sangerne Heman, Asaf og Etan skulde slå kobbercymbler; 20 Sakarja og Asiel og Semiramot og Jehiel og Unni og Eliab og Ma’seja og Benaja skulde spille harper efter Alamot, {sannsynligvis en toneart} 21 og Mattitja og Eliflehu og Mikneja og Obed-Edom og Je’el og Asasja citarer efter Sjeminit {sannsynligvis en toneart} for å lede sangen. 22 Kenanja, levittenes sangmester, underviste i sangen; for han var kyndig i det. 23 Berekja og Elkana var dørvoktere ved arken. 24 Prestene Sebaina og Josafat og Netanel og Amasai og Sakarja og Benaja og Elieser blåste i trompeter foran Guds ark, og Obed-Edom og Jehia var dørvoktere ved arken.

25 gikk David og Israels eldste og høvedsmennene over tusen avsted for å hente Herrens pakts-ark op fra Obed-Edoms hus under jubel.

26 Og da nu Gud hjalp levittene som bar Herrens pakts-ark, ofret de syv okser og syv værer. 27 David var klædd i en kåpe av hvitt bomullstøi, og likeså alle de levitter som bar arken, og sangerne og Kenanja, sangmesteren, som ledet sangen; dessuten hadde David en livkjortel av lerret . 28 Og hele Israel førte Herrens pakts-ark op med fryderop og med basunklang og med trompeter og cymbler, under harpe-og citarspill. 29 Men da Herrens pakts-ark kom inn i Davids stad, da Mikal, Sauls datter, ut gjennem vinduet, og hun kong David hoppe og danse, og hun foraktet ham i sitt hjerte.

Veja também