Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Crônicas 6

BIBEL1930

Die nakomelinge van Levi. Hulle diens en hul wonings.

1 DIE seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári.

2 En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ússiël.

3 En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

4 En Eleásar was die vader van Pínehas; Pínehas van Abisúa;

5 en Abisúa van Bukki; en Bukki van Ussi;

6 en Ussi van Serágja; en Serágja van Mérajot;

7 en Mérajot van Amárja; en Amárja van Ahítub;

8 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Ahímaäs;

9 en Ahímaäs van Asárja; en Asárja van Jóhanan;

10 en Jóhanan van Asárja; dit is hy wat die priesteramp bedien het in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11 En Asárja was die vader van Amárja; en Amárja van Ahítub;

12 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Sallum;

13 en Sallum van Hilkía; en Hilkía van Asárja;

14 en Asárja van Serája; en Serája van Jósadak;

15 en Jósadak het saamgegaan toe die Here Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het.

16 Die seuns van Levi was: Gersom, Kehat en Merári.

17 En dit is die name van die seuns van Gersom: Libni en Símeï.

18 En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël.

19 Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families:

20 van Gersom sy seun was Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma,

21 sy seun Joag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jéatrai.

22 Die seuns van Kehat was: sy seun Ammínadab, sy seun Korag, sy seun Assir,

23 sy seun Élkana, en sy seun Ébjasaf, en sy seun Assir,

24 sy seun Tahat, sy seun Úriël, sy seun Ussía, en sy seun Saul.

25 En die seuns van Élkana was: Amásai en Áhimot en Élkana;

26 die seuns van Élkana: sy seun Sófai, en sy seun Nahat,

27 sy seun Elíab, sy seun Jeróham, sy seun Élkana.

28 En die seuns van Samuel: die eersgeborene Joël, en die tweede Abía.

29 Die seuns van Merári was: Magli; sy seun Libni, sy seun Símeï, sy seun Ussa;

30 sy seun Símea, sy seun Haggía, sy seun Asája.

31 En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van die Here vandat die ark 'n rusplek gevind het.

32 En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening.

33 En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel,

34 die seun van Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Éliël, die seun van Toag,

35 die seun van Suf, die seun van Élkana, die seun van Mahat, die seun van Amásai,

36 die seun van Élkana, die seun van Joël, die seun van Asárja, die seun van Sefánja,

37 die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag,

38 die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van Israel.

39 En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea,

40 die seun van Mígael, die seun van Baäséja, die seun van Malkía,

41 die seun van Etni, die seun van Serag, die seun van Adája,

42 die seun van Etan, die seun van Simma, die seun van Símeï,

43 die seun van Jahat, die seun van Gersom, die seun van Levi.

44 En hulle broers, die seuns van Merári, aan die linkerhand, was: Etan, die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug,

45 die seun van Hasábja, die seun van Amásia, die seun van Hilkía,

46 die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer,

47 die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Merári, die seun van Levi.

48 En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God.

49 Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.

50 En dit is die seuns van Aäron: Eleásar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun;

51 Bukki sy seun, Ussi sy seun, Serágja sy seun,

52 Mérajot sy seun, Amárja sy seun, Ahítub sy seun,

53 Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun.

54 En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot.

55 Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die land Juda, met sy weiveld daar rondom;

56 maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.

57 En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,

58 en Hiles met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

59 en Asan met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld;

60 en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Ánatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.

61 En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.

62 En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.

63 Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede.

64 En die kinders van Israel het aan die Leviete die stede met hulle weiveld gegee:

65 hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het.

66 En aan die ander uit die geslagte van die seuns van Kehat die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim.

67 En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;

68 en Jókmeam met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld,

69 en Ájalon met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld;

70 en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld vir die geslag van die ander seuns van Kehat.

71 Aan die seuns van Gersom uit die geslag van die halwe stam van Manasse: Golan in Basan met sy weiveld, en Ástarot met sy weiveld;

72 en uit die stam van Íssaskar: Kedes met sy weiveld, Dáberat met sy weiveld,

73 en Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld;

74 en uit die stam van Aser: Masal met sy weiveld, en Abdon met sy weiveld,

75 en Hukok met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld;

76 en uit die stam van Náftali: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammon met sy weiveld, en Kirjatáim met sy weiveld.

77 Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld;

78 en oorkant die Jordaan van Jérigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stam van Ruben: Beser in die woestyn met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

79 en Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld;

80 en uit die stam van Gad: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

81 en Hesbon met sy weiveld, en Jaéser met sy weiveld.

1 Levis sønner var Gerson, Kahat og Merari. 2 Og Kahats sønner var Amram, Jishar og Hebron og Ussiel. 3 Og Amrams barn var Aron og Moses og Mirjam; og Arons sønner var Nadab og Abihu, Eleasar og Itamar. 4 Eleasar fikk sønnen Pinehas; Pinehas fikk sønnen Abisua,

5 og Abisua fikk sønnen Bukki, og Bukki fikk sønnen Ussi, 6 og Ussi fikk sønnen Serahja, og Serahja fikk sønnen Merajot; 7 Merajot fikk sønnen Amarja, og Amarja fikk sønnen Akitub, 8 og Akitub fikk sønnen Sadok, og Sadok fikk sønnen Akima’s, 9 og Akima’s fikk sønnen Asarja, og Asarja fikk sønnen Johanan, 10 Johanan fikk sønnen Asarja; det var han som gjorde prestetjeneste {nemlig i Kong Ussias’tid.} i det hus som Salomo hadde bygget i Jerusalem. 11 Og Asarja fikk sønnen Amarja, og Amarja fikk sønnen Akitub, 12 og Akitub fikk sønnen Sadok, og Sadok fikk sønnen Sallum, 13 og Sallum fikk sønnen Hilkias, og Hilkias fikk sønnen Asarja, 14 og Asarja fikk sønnen Seraja, og Seraja fikk sønnen Josadak. 15 Josadak drog med da Herren bortførte Juda og Jerusalem i fangenskap ved Nebukadnesar. 16 Levis sønner var Gersom, Kahat og Merari.

17 Og dette er navnene Gersoms sønner: Libni og Sime'. 18 Og Kahats sønner var Amram og Jishar og Hebron og Ussiel. 19 Meraris sønner var Mahli og Musi. Dette var levittenes ætter efter deres fedre. 20 Gersoms sønner var: hans sønn Libni; hans sønn Jahat; hans sønn Simma; 21 hans sønn Joah; hans sønn Iddo; hans sønn Serah; hans sønn Jeatrai. 22 Kahats sønner var: hans sønn Amminadab; hans sønn Korah; hans sønn Assir; 23 hans sønn Elkana og hans sønn Ebjasaf og hans sønn Assir; 24 hans sønn Tahat; hans sønn Uriel; hans sønn Ussia og hans sønn Saul. 25 Og Elkanas sønner var Amasai Og Akimot; 26 hans sønn var Elkana; hans sønn var Sofai og hans sønn Nahat; 27 hans sønn Eliab; hans sønn Jeroham; hans sønn Elkana {Samuels far.} 28 Og Samuels sønner var Vasni, hans førstefødte, og Abia. 29 Meraris sønn var Mahli; hans sønn var Libni; hans sønn Sime i; hans sønn Ussa; 30 hans sønn Simea; hans sønn Haggija; hans sønn Asaja.

31 Dette var de som David satte til å sørge for sangen i Herrens hus efterat arken var kommet til ro,

32 og de gjorde tjeneste ved sangen foran sammenkomstens telt(-)tabernaklet(-)inntil Salomo bygget Herrens hus i Jerusalem, og de stod der og utførte sin tjeneste således som det var dem foreskrevet(-) 33 dette var de som stod der med sine sønner: Av kahatittenes sønner: sangeren Heman, sønn av Joel, sønn av Samuel, 34 sønn av Elkana, sønn av Jeroham, sønn av Eliel, sønn av Toah, 35 sønn av Sif, sønn av Elkana, sønn av Mahat, sønn av Amasai, 36 sønn av Elkana, sønn av Joel, sønn av Asarja, sønn av Sefanja, 37 sønn av Tahat, sønn av Assir, sønn av Ebjasaf, sønn av Korah, 38 sønn av Jishar, sønn av Kahat, sønn av Levi, Israels sønn. 39 Og hans {Hemans} bror Asaf, som stod hans høire side(-)Asaf, sønn av Berekja, sønn av Simea, 40 sønn av Mikael, sønn av Ba’seja, sønn av Malkija, 41 sønn av Etni, sønn av Serah, sønn av Adaja, 42 sønn av Etan, sønn av Simma, sønn av Sime', 43 sønn av Jahat, sønn av Gersom, sønn av Levi. 44 Og Meraris sønner, deres brødre, stod venstre side: Etan, sønn av Kisi, sønn av Abdi, sønn av Malluk, 45 sønn av Hasabja, sønn av Amasja, sønn av Hilkias, 46 sønn av Amsi, sønn av Bani, sønn av Semer, 47 sønn av Mahli, sønn av Musi, sønn av Merari, sønn av Levi. 48 Og deres brødre, de andre levitter, var gitt {nemlig prestene.} til å utføre alle slags tjeneste i tabernaklet(-)Guds hus. 49 Men Aron og hans sønner ofret brennoffer-alteret og røkoffer-alteret og var satt til å utføre all tjeneste i det Aller-helligste og til å gjøre soning for Israel efter alt det som Guds tjener Moses hadde påbudt.

50 Dette var Arons sønner: hans sønn Eleasar; hans sønn Pinehas; hans sønn Abisua; 51 hans sønn Bukki; hans sønn Ussi; hans sønn Serahja; 52 hans sønn Merajot; hans sønn Amarja; hans sønn Akitub; 53 hans sønn Saddok; hans sønn Akima’s.

54 Dette var deres bosteder efter deres byer innenfor deres landemerker: Arons sønner av kahatittenes ætt, som loddet først kom ut for,

55 de fikk Hebron i Juda land med tilhørende jorder rundt omkring; 56 men byens mark og dens landsbyer fikk Kaleb, Jefunnes sønn. 57 Arons sønner fikk altså tilfluktsstædene Hebron og Libna med tilhørende jorder og Jattir og Estemoa med jorder 58 og Hilen med jorder, Debir med jorder 59 Og Asan med jorder og Bet-Semes med jorder, 60 og av Benjamins stamme Geba med tilhørende jorder og Allemet med jorder og Anatot med jorder; deres byer var i alt tretten byer efter deres ætter. 61 Men de andre {de. som ikke var av Arons ætt} Kahats barn av stammens ætt fikk ved loddkasting ti byer av den halve Manasse stammes halve del. 62 Og Gersoms barn efter sine ætter fikk tretten byer av Issakars stamme og av Asers stamme Og av Naftali stamme og av Manasse stamme i Basan. 63 Meraris barn efter sine ætter fikk ved loddkasting tolv byer av Rubens stamme og av Gads stamme og av Sebulons stamme. 64 Således gav Israels barn levittene disse byer med tilhørende jorder. 65 De gav dem ved loddkasting av Judas barns stamme og av Simeons barns stamme og av Benjamins barns stamme disse byer, som de nevnte ved navn. 66 Og de andre av Kahats barns ætter fikk av Efra’ms stamme disse byer som skulde høre dem til: 67 tilfluktsstædene Sikem med tilhørende jorder i Efra’m-fjellene og Geser med jorder 68 og Jokmeam med jorder og Bet-Horon med jorder 69 og Ajalon med jorder og Gat-Rimmon med jorder, 70 og av den halve Manasse stamme Aner med tilhørende jorder og Bileam med jorder. Dette fikk de andre av Kahats barns ætt. 71 Gersoms barn fikk av den halve Manasse stammes ætt Golan i Basan med tilhørende jorder og Astarot med jorder, 72 og av Issakars stamme Kedes med tilhørende jorder, Dobrat med jorder 73 og Ramot med jorder og Anem med jorder, 74 og av Asers stamme Masal med tilhørende jorder og Abdon med jorder 75 og Hukok med jorder og Rehob med jorder, 76 og av Naftali stamme Kedes i Galilea med tilhørende jorder og Hammon med jorder og Kirjata’m med jorder. 77 Meraris barn(-)resten av levittene(-)fikk av Sebulons stamme Rimmono med tilhørende jorder og Tabor med jorder, 78 og hin side Jordan ved Jeriko, østenfor Jordan, fikk de av Rubens stamme Beser i ørkenen med tilhørende jorder og Jahsa med jorder 79 og Kedemot med jorder og Mefa’t med jorder, 80 og av Gads stamme Ramot-Gilead med tilhørende jorder og Mahana’m med jorder 81 og Hesbon med jorder og Jaser med jorder.

Veja também