Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Crônicas 24

BIBEL1930

Dawid verdeel die priesters in vier-en-twintig klasse.

1 OOK die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

2 Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Ítamar die priesteramp bedien het.

3 En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Ítamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.

4 Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Ítamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Ítamar volgens hulle families agt.

5 En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleásar en onder die seuns van Ítamar.

6 En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Ítamar.

7 En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,

8 die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,

9 die vyfde vir Malkía, die sesde vir Míjamin,

10 die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,

11 die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,

12 die elfde vir Éljasib, die twaalfde vir Jakim,

13 die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesébeab,

14 die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,

15 die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happísses,

16 die negentiende vir Petágja, die twintigste vir Eségiël,

17 die een-en-twintigste vir Jagin, die twee-en-twintigste vir Gamul,

18 die drie-en-twintigste vir Delája, die vier-en-twintigste vir Maäsja.

19 Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die Here te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die Here, die God van Israel, hom beveel het.

Hoofde van die kinders van Levi.

20 WAT die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.

21 Wat Rehábja betref, van die seuns van Rehábja: Jissía, die hoof.

22 Van die Jishariete: Selómot; van die seuns van Selómot: Jahat.

23 En die seuns van Hebron: Jería, die eerste; Amárja, die tweede; Jahásiël, die derde; Jekámeam, die vierde.

24 Die seuns van Ússiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.

25 Die broer van Miga was Jissía; van die seuns van Jissía: Sagaría.

26 Die seuns van Merári was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsía.

27 Die seuns van Merári deur sy seun Jaäsía was Soham en Sakkur en Hibri.

28 Van Magli: Eleásar; dié het geen seuns gehad nie.

29 Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jerágmeël.

30 En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jérimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.

31 En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.

1 Vedkommende Arons sønner, var deres skifter de som nu skal nevnes: Arons sønner var Nadab og Abihu, Eleasar og Itamar. 2 Men Nadab og Abihu døde før sin far; de hadde ingen sønner, og bare Eleasar og Itamar blev prester. 3 Sammen med Sadok av Eleasars sønner og Akimelek av Itamars sønner inndelte David dem efter deres embede i tjeneste-klasser. 4 Da det viste sig at Eleasars sønner hadde flere overhoder enn Itamars sønner, inndelte de dem således at Eleasars sønner fikk seksten overhoder for sine familier og Itamars sønner åtte for sine familier. 5 Og de inndelte dem ved loddkasting, begge ætter; for det fantes fyrster for helligdommen og Guds fyrster både blandt Eleasars sønner og blandt Itamars sønner. 6 Skriveren Semaja, Netanels sønn, av Levi stamme, skrev dem op, mens kongen og høvdingene og presten Sadok og Akimelek, Ebjatars sønn, og familiehodene for prestene og levittene det; de tok ut en familie for Eleasar og derefter skiftevis en for Itamar. 7 Det første lodd kom ut for Jojarib, det annet for Jedaja, 8 det tredje for Harim, det fjerde for Seorim, 9 det femte for Malkia, det sjette for Mijamin, 10 det syvende for Hakkos, det åttende for Abia, 11 det niende for Jesua, det tiende for Sekanja, 12 det ellevte for Eljasib, det tolvte for Jakim, 13 det trettende for Huppa, det fjortende for Jesebab, 14 det femtende for Bilga, det sekstende for Immer, 15 det syttende for Hesir, det attende for Happisses, 16 det nittende for Petahja, det tyvende for Esekiel, 17 det en og tyvende for Jakin, det to og tyvende for Gamul, 18 det tre og tyvende for Delaja, det fire og tyvende for Ma’sja. 19 Dette var den orden som de skulde gjøre tjeneste i, når de gikk inn i Herrens hus, således som det var foreskrevet dem av Aron, deres far, efter den befaling Herren, Israels Gud, hadde gitt ham.

20 Vedkommende Levis andre barn, hørte til Amrams sønner Subael, til Subaels sønner Jehdeja.

21 Av Rehabjas sønner var Jissia overhodet. 22 Til jisharittene hørte Selomot, til Selomots sønner Jahat. 23 Og Hebrons sønner var Jeria, Amarja(-)hans annen sønn(-)Jahasiel, den tredje, Jekamam, den fjerde. 24 Ussiels sønn var Mika; til Mikas sønner hørte Samur. 25 Jissia var Mikas bror; til Jissias sunner hørte Sakarja. 26 Meraris sønner var Mahli og Musi, sønner av hans sønn Ja’sia. 27 Meraris sønner gjennem hans sønn Ja’sia var også Soham og Sakkur og Ibri.

28 Mahlis sønn var Eleasar; men han hadde ingen sønner. 29 Til Kis, det er Kis’sønner, hørte Jerahme’l. 30 Musis sønner var Mahli og Eder og Jerimot. Dette var levittenes sønner efter sine familier. 31 De kastet og lodd likesom deres brødre Arons sønner, mens kong David og Sadok og Akimelek og prestenes og levittenes familiehoder var til stede(-)overhodene for familiene like vel som deres yngste brødre.

Veja também