大卫受膏作犹大王(撒下5:1~3)
1 那时,以色列众人聚集到希伯仑去见大卫,说:"看哪,我们原是你的骨肉。2 从前扫罗作王的时候,是你率领以色列人出入征战;耶和华你的 神曾对你说过:‘你要牧养我的人民以色列,你要作我的人民以色列的领袖。’"3 于是以色列的众长老都来到希伯仑见大卫王,大卫就在希伯仑,在耶和华面前与他们立约,他们就按照耶和华借着撒母耳所说的话,膏立大卫作王治理以色列。
大卫攻取耶路撒冷(撒下5:6~10)
4 大卫和以色列众人来到耶路撒冷,耶路撒冷就是耶布斯。那时,当地的居民耶布斯人住在那里。5 耶布斯的居民对大卫说:"你不能进这里来。"可是大卫占领了锡安的堡垒,锡安就是大卫城。6 大卫说:"谁首先攻打耶布斯人,谁就必作首领和元帅。"洗鲁雅的儿子约押首先上去,就作了首领。7 大卫住在堡垒中,因此人把那堡垒称为大卫城。8 大卫又重建四周的城墙,从米罗起,以至城的周围;那城其余的部分由约押修建。9 大卫日渐强盛,因为万军之耶和华与他同在。
大卫的勇士(撒下23:8~39)
10 以下这些人是大卫众勇士的首领,就是全力帮助他得国的,又与以色列人照着耶和华对以色列人所说的话一同立他作王。11 这是大卫众勇士的数目:哈革摩尼的儿子雅朔班,是军官"军官"或译:"三十(勇士";《七十士译本》的一些抄本作"三勇士")的首领;他挥舞矛枪,只一次就杀死了三百人。12 其次是亚合人朵多的儿子以利亚撒,他是三勇士之一;13 他从前与大卫在巴斯.达闵,非利士人聚集在那里预备作战。那里有块长满大麦的田;众人从非利士人面前逃跑了。14 他们却站在那块田中间,保护了那块田,击杀了非利士人;这样耶和华拯救了以色列人,使他们获得极大的胜利。
15 三十个首领中有三个,下到亚杜兰洞附近的盘石那里去见大卫;非利士人的军队在利乏音谷安营。16 那时大卫在山寨中,非利士人的驻军在伯利恒。17 大卫渴望说:"谁能把伯利恒城门旁边池中的水,拿来给我喝!"18 这三个勇士就冲过非利士人的军营,从伯利恒城门旁边的池里取水,带到大卫那里去,大卫却不肯喝,把水倾在耶和华面前,19 说:"在我的 神面前,我绝对不可以这样作,我怎能喝这些冒生命危险的人的血呢?因为这是他们冒生命危险取回来的。"因此大卫不肯喝这水。这是三个勇士所行的事。
20 约押的兄弟亚比筛,是三个勇士的首领;他挥舞矛枪刺死了三百人,因此在三个勇士中赢得了名声。21 他在这三个勇士中,是最尊贵的,所以作他们的首领;只是还不及前三个勇士。
22 耶何耶大的儿子比拿雅,是甲薛族的勇士,曾有伟大的作为;他击杀了摩押人亚利伊勒的两个儿子,又在下雪的日子,下到坑中去击杀了一只狮子。23 他又杀死了一个身高两百多公分的埃及人。这埃及人手里拿着矛枪,好象织布机轴,比拿雅只拿着棍子下去会他,竟从那埃及人手中把矛枪夺了过来,再用他的矛枪把他杀死。24 这是耶何耶大的儿子比拿雅所行的事,因此在三个勇士中赢得名声。25 他比那三十个勇士更有声望,只是还不及前三个勇士。大卫立他作侍卫长。
26 军中勇士有约押的兄弟亚撒黑、伯利恒人朵多的儿子伊勒哈难、27 哈如珥"哈如珥"是"哈律"的另一种写法;参撒下23:25人沙玛、比伦人希利斯、28 提哥亚人益吉的儿子以拉、亚拿突人亚比以谢、29 户沙人亚比该、亚合人以来、30 尼陀法人玛哈莱、尼陀法人巴拿的儿子希立、31 便雅悯子孙基比亚人利拜的儿子以太、比拉顿人比拿雅、32 来自迦实溪的户莱、亚拉巴人亚比、33 巴路米人押斯玛弗、沙本人以利雅哈巴、34 基孙人哈深的众子,哈拉人沙基的儿子约拿单,35 哈拉人沙甲的儿子亚希暗、吾珥的儿子以利法勒,36 米基拉人希弗、比伦人亚希雅、37 迦密人希斯罗、伊斯拜的儿子拿莱、38 拿单的兄弟约珥、哈基利的儿子弥伯哈、39 亚扪人洗勒、比录人拿哈莱;拿哈莱是替洗鲁雅的儿子约押拿兵器的。40 以帖人以拉、以帖人迦立、41 赫人乌利亚、亚莱的儿子撒拔、42 流本支派示撒的儿子亚第拿,他是流本支派的一个首领,有三十人跟随他。43 玛迦的儿子哈难、弥特尼人约沙法、44 亚施他拉人乌西亚、亚罗珥人何坦的儿子沙玛和耶利、45 提洗人申利的儿子耶叠和他的兄弟约哈、46 玛哈未人以利业、伊利拿安的儿子耶利拜和约沙未雅、摩押人伊特玛、47 以利业、俄备得和米琐八人雅西业。
Nadat Dawid koning geword het, neem hy Jerusalem in.
1 TOE kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.
2 Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit- en ingelei; en die Here u God het aan u gesê: Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet 'n vors wees oor my volk Israel.
3 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle 'n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die Here, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die Here deur die diens van Samuel.
4 En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.
5 En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.
6 En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal 'n hoof en 'n owerste word. Toe het Joab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en 'n hoof geword.
7 En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.
8 En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.
9 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die Here van die leërskare was met hom.
Helde van Dawid.
10 EN dít was die hoofde van die helde van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgens die woord van die Here koning te maak oor Israel.
11 En dít is die getal van die helde van Dawid: Jasóbeam, die seun van Hagmóni, die hoof van die dertig; hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat op een keer gesneuwel het.
12 En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet; hy was onder die drie helde.
13 Hy was saam met Dawid by Pas-Dámmim toe die Filistyne daar bymekaar was om te veg; en daar was 'n stuk land vol gars, en die volk het vir die Filistyne gevlug.
14 Maar hy het hom in die middel van die stuk land opgestel en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die Here 'n groot oorwinning bewerk het.
15 En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het.
16 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.
17 En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?
18 Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit voor die Here uitgegiet
19 en gesê: Mag my God my bewaar, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink? Met lewensgevaar, ja, met lewensgevaar het hulle dit gebring! En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
20 En Abísai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat gesneuwel het, en 'n naam gehad onder die drie.
21 Uit die drie was hy onder die ander twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.
22 Benája, die seun van Jójada, 'n dapper man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.
23 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
24 Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.
25 Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.
26 En die dapper helde was: Ásahel, die broer van Joab, Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;
27 Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;
28 Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet;
29 Síbbegai, die Husatiet; Ílai, die Ahohiet;
30 Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;
31 Ítai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; Benája, die Pireatoniet;
32 Húrai, uit Nahale-Gaäs, Abíël, die Arabatiet;
33 Asmáwet, die Baharumiet; Éljagba, die Saälboniet.
34 Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jónatan, die seun van Sage, die Harariet;
35 Ahíam, die seun van Sagar, die Harariet; Elífal, die seun van Ur;
36 Hefer, die Megeratiet; Ahía, die Peloniet;
37 Hesro, die Karmeliet; Náärai, die seun van Ésbai;
38 Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri;
39 Selek, die Ammoniet; Nágrai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;
40 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet;
41 Uría, die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai;
42 Adína, die seun van Sisa, die Rubeniet, 'n hoof van die Rubeniete, en saam met hom was dertig;
43 Hanan, die seun van Máäga; en Jósafat, die Mitniet;
44 Ussía, die Asteratiet; Sama en Jeï-el, die seuns van Hotam, die Ároëriet;
45 Jedíael, die seun van Simri; en Joha, sy broer, die Tisiet;
46 Éliël van Maháwim en Jeríbai en Josáwja, die seuns van Elnáäm; en Jitma, die Moabiet:
47 Éliël en Obed en Jaäsiël van Mesobája.