利未人的职务和班次
1 大卫年老,寿数将尽的时候,就立他的儿子所罗门作王统治以色列。2 大卫召集了以色列的众领袖、祭司和利未人。3 利未人自三十岁及以上的都被数点;按统计,他们男丁的数目,共有三万八千人。4 其中有二万四千人,监管耶和华殿宇的工作;有六千人作官长和审判官;5 有四千人作守门的,又有四千人用大卫所做"大卫所做"原文作"我做"的乐器赞美耶和华。6 大卫把利未的儿子革顺、哥辖和米拉利的子孙,分成班次。
7 革顺的子孙"革顺的子孙"直译是"属于革顺人的"有拉但和示每。8 拉但的儿子是:长子耶歇,还有西坦和约珥,共三人。9 示每的儿子有示罗密、哈薛和哈兰,共三人。以上这些人是拉但家族的首领。10 示每的儿子是雅哈、细拿、耶乌施和比利亚;这四人都是示每的儿子。11 雅哈是长子,细撒是次子;耶乌施和比利亚的子孙不多,所以合为一个家族,同归一个班次。
12 哥辖的儿子是暗兰、以斯哈、希伯伦和乌薛,共四人。13 暗兰的儿子是亚伦和摩西。亚伦和他的子孙永远被分别出来,献上至圣之物;在耶和华面前烧香,服事他,奉他的名祝福,直到永远。14 至于神人摩西,他的子孙记在利未支派的册上。15 摩西的儿子是革舜和以利以谢。16 革舜的长子是细布业。17 以利以谢的第一个儿子是利哈比雅;以利以谢没有别的儿子,利哈比雅却有很多儿子。18 以斯哈的长子是示罗密。19 希伯伦的儿子是:长子耶利雅、次子亚玛利亚、三子雅哈悉、四子耶加面。20 乌薛的儿子是:长子米迦、次子耶西雅。
21 米拉利的儿子是抹利和母示;抹利的儿子是以利亚撒和基士。22 以利亚撒死了,没有儿子,只有女儿;基士的儿子们,就是他们的亲族,娶了她们为妻。23 母示的儿子是末力、以得和耶利摩,共三人。
24 以上这些是利未的子孙,按着他们的家族,各家的首领,照着男丁名字的数目被数点,二十岁及以上的,都是办理耶和华殿的事务的。25 因为大卫曾说:"耶和华以色列的 神已经使他的子民得享安宁,他自己永远住在耶路撒冷。26 利未人不必再抬帐幕和其中所使用的一切器皿了。"27 按着大卫临终所吩咐的话,利未人从二十岁起的都被数点了。28 他们的职任是协助亚伦的子孙,办理耶和华殿的事务,管理院子、厢房和洁净一切圣物,以及办理神殿的事务;29 又管
理陈设饼、素祭细面,或无酵薄饼,或是煎盘烤的,或是用油调和的,以及管理各种量度的器具。30 每天早晨要侍立称谢和赞美耶和华,每天晚上也要这样;31 又要在安息日,每月初一日和指定的节日,按着数目照着规例,把燔祭不住地献在耶和华面前。32 他们要看守会幕和圣所,以及看管他们在耶和华殿里办事的亲族,亚伦的子孙。
Telling van die Leviete en hulle diens in die tabernakel.
1 TOE Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.
2 En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.
3 En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt-en-dertigduisend man.
4 Van hulle moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk in die huis van die Here en sesduisend opsigters en regters wees;
5 en vierduisend poortwagters en vierduisend lofsangers tot eer van die Here met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.
6 En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
7 Van die Gersoniete: Láedan en Símeï.
8 Die seuns van Láedan was: die hoof Jéhiël en Setam en Joël, drie;
9 die seuns van Símeï was: Selómit en Hasíël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van Láedan.
10 En die seuns van Símeï was: Jahat, Sina en Jehus en Bería; dit was die vier seuns van Símeï.
11 En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Bería het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam 'n familie, een klas gevorm het.
12 Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ússiël, vier.
13 Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die Here, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
14 En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.
15 Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;
16 die seuns van Gersom: Sébuel, die hoof.
17 En die seuns van Eliëser was Rehábja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Rehábja het buitengewoon vermeerder;
18 die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;
19 die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;
20 die seuns van Ússiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;
21 die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.
22 En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.
23 Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.
24 Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die Here gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.
25 Want Dawid het gesê: Die Here, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;
26 so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.
27 (Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)
28 Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die Here, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;
29 en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;
30 en om môre vir môre te staan om die Here te loof en te prys, en net so saans;
31 en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die Here op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die Here.
32 So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die Here.