约柜停放在俄别.以东的家(撒下6:1~11)
1 大卫与千夫长、百夫长和所有的领袖商议。2 然后大卫对以色列全体会众说:"你们如果认为好,认为这事是出于耶和华我们的 神,我们就差遣人走遍各地,去见留在以色列各地的兄弟,以及和他们在一起住在那些有草场的城的祭司和利未人,叫他们都聚集到我们这里来。3 我们可以把我们 神的约柜运到我们这里来,因为在扫罗的日子,我们都没有在约柜前求问 神。"4 全体会众都同意这样行,因为这事众人都认为对。5 于是大卫把以色列众人,从埃及的西曷河直到哈马口,都招聚来,要把 神的约柜从基列.耶琳运来。6 大卫和以色列众人去到巴拉,就是属犹大的基列.耶琳,要从那里把 神的约柜运回来;这约柜是以坐在二基路伯上面的耶和华而起名的。7 他们把 神的约柜,从亚比拿达家里抬出来,放在一辆新车上,乌撒和亚希约负责赶车。8 大卫和以色列众人在 神面前,用诗歌,以及弹琴鼓瑟、敲手鼓、响钹和吹号,尽情欢庆。
9 他们到了基顿禾场的时候,因为牛失蹄绊倒,乌撒就伸手扶住约柜。10 于是耶和华向乌撒发怒,因为乌撒伸手把约柜扶住,所以 神把他击杀,他就在那里死在 神面前。11 大卫因耶和华忽然杀死乌撒,非常不悦,就称那地方为毘列斯.乌撒,直到今日。12 那天,大卫惧怕 神,说:"我怎可以把 神的约柜运到我这里来呢?"13 所以,大卫没有把约柜运到大卫城他自己那里去,却转运到迦特人俄别.以东的家里去。14 神的约柜存放在俄别.以东的家里三个月,耶和华赐福给俄别.以东的家和他的一切。
Die ark word deur Dawid in die huis van Obed-Edom gesit.
1 EN Dawid het raad gehou met die owerstes oor duisend en oor honderd, met elke bevelhebber;
2 en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die Here onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom.
3 En laat ons die ark van onse God na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons daar nie na gevra nie.
4 Toe sê die hele vergadering dat hulle so moes doen, want die saak was reg in die oë van die hele volk.
5 En Dawid het die hele Israel versamel van die Sihor in Egipte af tot by die ingang na Hamat, om die ark van God uit Kirjat-Jeárim te gaan haal.
6 Daarna het Dawid met die hele Israel opgetrek na Báäla, na Kirjat-Jeárim wat aan Juda behoort, om daarvandaan op te bring die ark van God die Here wat op die gérubs troon, waaroor die Naam uitgeroep is.
7 En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer uit die huis van Abinádab, en Ussa en Agjo het die wa gedrywe.
8 En Dawid en die hele Israel het voor die aangesig van God met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette.
9 Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het Ussa sy hand uitgesteek om die ark vas te hou, want die osse het gestruikel.
10 Daarop het die toorn van die Here ontvlam teen Ussa, en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het, sodat hy daar voor die aangesig van God gesterf het.
11 En Dawid het ontroerd geword, omdat die Here 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.
12 En Dawid het daardie dag vir God bevrees geword en gesê: Hoe kan ek die ark van God na my toe bring?
13 Daarom het Dawid die ark nie by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom, die Gittiet.
14 En die ark van God het by die huis van Obed-Edom in sy huis gebly drie maande lank, en die Here het die huis van Obed-Edom geseën met alles wat hy gehad het.