约押攻取拉巴(撒下12:26~31)
1 过了年,在列王出征的时候,约押带领军兵,毁坏了亚扪人的地方,然后去围困拉巴。那时大卫住在耶路撒冷。约押攻打拉巴,把城摧毁。2 大卫从米勒公神像的头上取下金冠,发现金子重三十公斤,又有一块宝石嵌在上面;有人把这冠冕戴在大卫的头上;大卫从城里夺走了大批战利品。3 又把城里的众民拉出来,要他们用锯子、铁铲和斧子作工;大卫待亚扪各城的人都是这样。后来大卫和众民都回耶路撒冷去了。
三败非利士人(撒下21:15~22)
4 这事以后,以色列人在基色与非利士人交战;那时户沙人西比该击杀了巨人的一个儿子细派,非利士人就被制伏了。5 后来,以色列人与非利士人再次交战,睚珥的儿子伊勒哈难,击杀了迦特人歌利亚的兄弟拉哈米;这人的枪杆好象织布机轴一样。6 后来,在迦特又有战事;那里有一个身材高大的人,手脚各有六指,共有二十四根指头;他也是巨人的儿子。7 这人侮辱以色列人,大卫的哥哥示米亚的儿子约拿单就把他击杀了。8 这些人是迦特巨人的儿子,都死在大卫和他仆人的手下。
1 EN ná verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek.
2 En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en daarin was 'n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring.
3 Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
Ander oorwinnings oor die Filistyne.
4 EN daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïete verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het.
5 En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Góliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.
6 En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier-en-twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete.
7 En hy het Israel uitgedaag, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.
8 Hulle was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.