大卫设立唱歌的人
1 大卫和军队的领袖,也给亚萨、希幔和耶杜顿的子孙分派了任务,叫他们用琴瑟响钹说预言。他们任职的人数如下:2 亚萨的儿子有撒刻、约瑟、尼探雅和亚萨利拉;亚萨的儿子都归亚萨指挥,遵照王的旨意说预言。3 至于耶杜顿,他的儿子有基大利、西利、耶筛亚、示每、哈沙比雅和玛他提雅,共六人,都归他们
的父亲耶杜顿指挥。耶杜顿用琴说预言,称谢和赞美耶和华。4 至于希幔,他的儿子有布基雅、玛探雅、乌薛、细布业、耶利摩、哈拿尼雅、哈拿尼、以利亚他、基大利提、罗幔提.以谢、约施比加沙、玛罗提、何提和玛哈秀。5 这些人都是希幔的儿子;希幔是王的先见,照着 神的话高举他"高举他"原文作"高举角"。 神赐给希幔十四个儿子,三个女儿。6 这些人都归他们的父亲指挥,在耶和华的殿里歌颂,用响钹和琴瑟在 神的殿事奉。亚萨、耶杜顿和希幔都是由王指挥的。7 他们和他们的亲族,在歌颂耶和华的事上受过特别训练,精于歌唱的,人数共有二百八十八人。8 这些人,无论大小,不分师生,都一同抽签分班次。
共分二十四班
9 第一签抽出来的是亚萨的儿子约瑟;第二签是基大利,他和他的兄弟、儿子,共十二人;10 第三签是撒刻,他和他的儿子、兄弟,共十二人;11 第四签是伊洗利,他和他的儿子、兄弟,共十二人;12 第五签是尼探雅,他和他的儿子、兄弟,共十二人;13 第六签是布基雅,他和他的儿子、兄弟,共十二人;14 第七签是耶撒利拉,他和他的儿子、兄弟,共十二人;15 第八签是耶筛亚,他和他的儿子、兄弟,共十二人;16 第九签是玛探雅,他和他的儿子、兄弟,共十二人;17 第十签是示每,他和他的儿子、兄弟,共十二人;18 第十一签是亚萨烈,他和他的儿子、兄弟,共十二人;19 第十二签是哈沙比雅,他和他的儿子、兄弟,共十二人;20 第十三签是书巴业,他和他的儿子、兄弟,共十二人;21 第十四签是玛他提雅,他和他的儿子、兄弟,共十二人;22 第十五签是耶利摩,他和他的儿子、兄弟,共十二人;23 第十六签是哈拿尼雅,他和他的儿子、兄弟,共十二人;24 第十七签是约施比加沙,他和他的儿子、兄弟,共十二人;25 第十八签是哈拿尼,他和他的儿子、兄弟,共十二人;26 第十九签是玛罗提,他和他的儿子、兄弟,共十二人;27 第二十签是以利亚他,他和他的儿子、兄弟,共十二人;28 第二十一签是何提,他和他的儿子、兄弟,共十二人;29 第二十二签是基大利提,他和他的儿子、兄弟,共十二人;30 第二十三签是玛哈秀,他和他的儿子、兄弟,共十二人;31 第二十四签是罗幔提.以谢,他和他的儿子、兄弟,共十二人。
Telling en verdeling van die heilige sangers.
1 EN Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was —
2 van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het.
3 Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die Here;
4 van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ússiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.
5 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
6 Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die Here, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.
7 En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die Here, almal meesters, was tweehonderd-agt-en-tagtig.
8 En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.
9 En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;
10 die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;
11 die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;
12 die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
13 die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;
14 die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;
15 die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;
16 die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
17 die tiende vir Símeï; sy seuns en sy broers, twaalf;
18 die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;
19 die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;
20 die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;
21 die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;
22 die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;
23 die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
24 die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;
25 die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;
26 die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;
27 die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;
28 die een-en-twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;
29 die twee-en-twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;
30 die drie-en-twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;
31 die vier-en-twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf.