推罗王助大卫建造宫殿(撒下5:11~12)
1 推罗王希兰派使者来见大卫,给他送上香柏木、石匠和木匠,要为他建造宫殿。2 那时,大卫知道耶和华已经坚立他作王统治以色列,又为了以色列民的缘故,使他的国高举。
大卫在耶路撒冷所生的儿子(撒下5:13~16)
3 大卫在耶路撒冷又娶了多位妻子,并且生了很多儿女。4 以下这些就是他在耶路撒冷所生的孩子的名字:沙母亚、朔罢、拿单、所罗门、5 益辖、以利书亚、以法列、6 挪迦、尼斐、雅非亚、7 以利沙玛、以利雅大和以利法列。
大卫两次战胜非利士人(撒下5:17~25)
8 非利士人听见了大卫受膏作王统治以色列人,就全体上来搜寻大卫;大卫听见了,就出来迎击他们。9 非利士人来到,侵进了利乏音谷。10 大卫求问 神说:"我可以上去攻打非利士人吗?你把他们交在我手里吗?"耶和华对他说:"你可以上去,我必把他们交在你的手里。"11 非利士人上到巴力.毘拉心来,大卫在那里击败了他们。大卫说:" 神借着我击溃我的敌人,好象水冲破堤岸一般。"因此他们给那地方起名叫巴力.毘拉心。12 非利士人把他们的神像遗弃在那里,大卫吩咐人用火把它们烧了。
13 非利士人又再入侵那山谷。14 大卫又求问 神, 神对他说:"不可在后面追赶他们,要绕过他们,从桑林对面攻打他们。15 你一听见桑林树梢上有脚步的声音,就要出战,因为 神已经在你前面出去击杀非利士人的军队了。"16 于是大卫照着 神所吩咐他的去作,他们攻击非利士人的军队,从基遍起,一直攻打到基色。17 因此大卫的名声传遍各地,耶和华使万国都惧怕他。
Dawid sluit 'n verbond met Hiram en verslaan die Filistyne.
1 TOE stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom 'n huis te bou.
2 So het Dawid dan gewaargeword dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.
3 En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword.
4 En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Sámmua en Sobab, Natan en Salomo
5 en Jibhar en Elisúa en Elpélet
6 en Noga en Nefeg en Jáfia
7 en Elisáma en Beëljada en Elifélet.
8 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek.
9 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.
10 Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die Here het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.
11 En toe hulle optrek by Baäl-Pérasim, het Dawid hulle daar verslaan, en Dawid het gesê: God het deur my hand deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hulle dié plek Baäl-Pérasim genoem.
12 En hulle het hul gode daar agtergelaat; en Dawid het bevel gegee, en hulle is met vuur verbrand.
13 Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei.
14 Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.
15 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
16 En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser.
17 En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die Here het die skrik vir hom op al die nasies gelê.