1 Ora Iefte, il Galaadita, era un uomo forte e valoroso, figlio di una prostituta, e aveva per padre Galaad. 2 La moglie di Galaad gli aveva dato dei figli; e quando questi figli della moglie furono grandi, scacciarono Iefte e gli dissero: "Tu non avrai eredità in casa di nostro padre, perché sei figlio di un’altra donna". 3 E Iefte se ne fuggì lontano dai suoi fratelli e si stabilì nel paese di Tob. Attorno a Iefte si raccolsero degli uomini da nulla, e facevano delle incursioni con lui. 4 Qualche tempo dopo avvenne che i figli di Ammon mossero guerra a Israele. 5 E mentre i figli di Ammon muovevano guerra a Israele, gli anziani di Galaad andarono a cercare Iefte nel paese di Tob. 6 E dissero a Iefte: "Vieni, sii nostro capitano, e combatteremo contro i figli di Ammon". 7 Ma Iefte rispose agli anziani di Galaad: "Non mi avete odiato e scacciato dalla casa di mio padre? Perché venite da me ora che siete nell’angoscia?". 8 E gli anziani di Galaad dissero a Iefte: "Appunto per questo torniamo ora da te, perché tu venga con noi e combatta contro i figli di Ammon, e tu sia capo di tutti noi, abitanti di Galaad". 9 Iefte rispose agli anziani di Galaad: "Se mi riconducete da voi per combattere contro i figli di Ammon, e l’Eterno li dà in mio potere, io sarò vostro capo". 10 E gli anziani di Galaad dissero a Iefte: "L’Eterno sia testimone tra noi, e ci punisca se non facciamo quello che hai detto". 11 Iefte dunque andò con gli anziani di Galaad; il popolo lo costituì suo capo e condottiero, e Iefte ripeté davanti all’Eterno, a Mispa, tutte le parole che aveva detto prima. 12 Poi Iefte inviò dei messaggeri al re dei figli di Ammon per dirgli: "Che questione c’è fra me e te che tu venga contro di me per fare guerra al mio paese?". 13 E il re dei figli di Ammon rispose ai messaggeri di Iefte: "Mi sono mosso perché, quando Israele salì dall’Egitto, si impadronì del mio paese, dall’Arnon fino allo Iabboc e al Giordano; restituiscimelo amichevolmente". 14 Iefte inviò di nuovo dei messaggeri al re dei figli di Ammon per dirgli: 15 "Così dice Iefte: ‘Israele non si impadronì del paese di Moab, né del paese dei figli di Ammon; 16 ma, quando Israele salì dall’Egitto e attraversò il deserto fino al Mar Rosso e giunse a Cades, 17 inviò dei messaggeri al re di Edom per dirgli: ti prego, lasciami passare per il tuo paese; ma il re di Edom non acconsentì. Ne mandò anche al re di Moab, il quale pure rifiutò; e Israele rimase a Cades. 18 Poi camminò per il deserto, fece il giro del paese di Edom e del paese di Moab, giunse a oriente del paese di Moab, e si accampò di là dall’Arnon, senza entrare nel territorio di Moab; perché l’Arnon segna il confine di Moab. 19 E Israele inviò dei messaggeri a Sicon, re degli Amorei, re di Chesbon, e gli fece dire: ti preghiamo, lasciaci passare dal tuo paese, per arrivare al nostro. 20 Ma Sicon non si fidò d’Israele e non gli permise di passare per il suo territorio; anzi Sicon radunò tutta la sua gente, si accampò a Iaas, e combatté contro Israele. 21 E l’Eterno, l’Iddio d’Israele, diede Sicon e tutta la sua gente nelle mani d’Israele, che li sconfisse; così Israele conquistò tutto il paese degli Amorei, che abitavano quella regione; 22 conquistò tutto il territorio degli Amorei, dall’Arnon allo Iabboc e dal deserto al Giordano. 23 E ora che l’Eterno, l’Iddio d’Israele, ha scacciato gli Amorei davanti a Israele, che è il suo popolo, dovresti tu possedere il loro paese? 24 Non possiedi tu quello che Chemos, il tuo dio, ti ha fatto possedere? Così anche noi possederemo il paese di quelli che l’Eterno ha scacciati davanti a noi. 25 Sei tu forse più di Balac, figlio di Sippor, re di Moab? Litigò egli con Israele, o gli fece guerra? 26 Sono trecento anni che Israele abita a Chesbon e nelle città del suo territorio, ad Aroer e nelle città del suo territorio, e in tutte le città lungo l’Arnon; perché non gliele avete tolte durante questo tempo? 27 E io non ti ho offeso, e tu agisci male verso di me, facendomi guerra. L’Eterno, il giudice, giudichi oggi tra i figli d’Israele e i figli di Ammon!’". 28 Ma il re dei figli di Ammon non diede ascolto alle parole che Iefte gli aveva fatto dire. 29 Allora lo Spirito dell’Eterno venne su Iefte, che attraversò Galaad e Manasse, passò a Mispa di Galaad, e da Mispa di Galaad si mosse contro i figli di Ammon. 30 E Iefte fece un voto all’Eterno, e disse: "Se tu mi dai nelle mani i figli di Ammon, 31 chiunque uscirà dalle porte di casa mia per venirmi incontro quando tornerò vittorioso dai figli di Ammon, sarà dell’Eterno, e io l’offrirò in olocausto". 32 E Iefte marciò contro i figli di Ammon per fargli guerra, e l’Eterno glieli diede nelle mani. 33 Ed egli inflisse loro una grandissima sconfitta, da Aroer fin verso Minnit, prendendo loro venti città, e fino ad Abel-Cheramim. Così i figli di Ammon furono umiliati davanti ai figli d’Israele. 34 Ora Iefte se ne tornò a Mispa, a casa sua; ed ecco uscirgli incontro sua figlia, con timpani e danze. Era l’unica sua figlia: non aveva altri figli né altre figlie. 35 E, quando la vide, si stracciò le vesti, e disse: "Ah, figlia mia! tu mi riempi di angoscia; tu sei fra quelli che mi fanno soffrire! poiché io ho dato parola all’Eterno e non mi posso tirare indietro". 36 Lei gli disse: "Padre mio, se hai dato parola all’Eterno, fa’ di me secondo quello che hai pronunciato, poiché l’Eterno ti ha concesso di fare vendetta dei figli di Ammon, tuoi nemici". 37 Poi disse a suo padre: "Mi sia concesso questo: lasciami libera per due mesi, affinché io vada e scenda per i monti a piangere la mia verginità con le mie compagne". 38 Egli le rispose: "Va’!" e la lasciò andare per due mesi. E lei se ne andò con le sue compagne e pianse sui monti la sua verginità. 39 Alla fine dei due mesi, lei tornò da suo padre; ed egli fece di lei quello che aveva promesso con voto. Lei non aveva conosciuto uomo. Di qui venne in Israele 40 l’usanza che le figlie d’Israele vanno tutti gli anni a celebrare la figlia di Iefte, il Galaadita, per quattro giorni.
1 EN Jefta, die Gileadiet, was 'n dapper held, maar hy was die seun van 'n hoer; en Gílead was die vader van Jefta.
2 En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van 'n ander vrou.
3 Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy gaan woon in die land Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en saam met hom uitgetrek.
4 En 'n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel.
5 Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen Israel, het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die land Tob;
6 en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon.
7 Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead: Het julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?
8 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van Ammon veg, en dat jy ons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead.
9 Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en die Here hulle aan my oorgee, dan moet ek julle hoof word.
10 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Die Here sal hoorder wees tussen ons. Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen.
11 So het Jefta dan met die oudstes van Gílead saamgegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woorde voor die aangesig van die Here in Mispa gespreek.
12 Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om teen my land te veg?
13 En die koning van die kinders van Ammon sê aan die boodskappers van Jefta: Israel het my land geneem toe hy opgetrek het uit Egipte, van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan; gee dit dan nou in vrede terug.
14 En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na die koning van die kinders van Ammon
15 en vir hom gesê: So sê Jefta: Israel het die land Moab en die land van die kinders van Ammon nie geneem nie.
16 Want Israel het toe hy uit Egipte opgetrek het, deur die woestyn gegaan tot by die Skelfsee en het by Kades gekom.
17 En Israel het boodskappers gestuur na die koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u land trek; maar die koning van Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar hy wou ook nie. Daarom het Israel in Kades gebly.
18 Verder het hy deur die woestyn gegaan en om die land Edom en die land Moab getrek en gekom aan die oostekant van die land Moab; en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab.
19 Daarop het Israel boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en Israel het vir hom gesê: Laat ons tog deur u land trek na my plek toe.
20 Maar Sihon het Israel nie vertrou om deur sy gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer opgeslaan in Jahas en teen Israel geveg.
21 Maar die Here, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en dié het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.
22 En hulle het die hele grondgebied van die Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan, in besit geneem.
23 So het die Here, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?
24 Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as 'n besitting gee, en óns alles wat die Here onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?
25 En is u nou soveel beter as Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met Israel getwis, of ooit teen hulle geveg?
26 Terwyl Israel in Hesbon met sy onderhorige plekke en in Ároër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die Arnon lê, driehonderd jaar lank gewoon het, waarom het julle dit dan nie in dié tyd ontset nie?
27 So het ék dan nie teen u gesondig nie, maar ú handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag die Here, die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!
28 Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie.
29 Toe het die Gees van die Here op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
30 En Jefta het aan die Here 'n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die Here behoort, en ek sal dit as 'n brandoffer bring.
32 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en die Here het hulle in sy hand gegee.
33 En hy het hulle verslaan van Ároër af in die rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim — 'n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel.
34 En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.
35 En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jý stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die Here, en ek kan nie terugtrek nie.
36 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor die Here, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat die Here u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.
37 Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dít my toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne.
38 En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op die berge beween.
39 En aan die end van twee maande het sy na haar vader teruggekom, en hy het die gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het 'n gewoonte geword in Israel
40 dat die dogters van Israel jaar vir jaar heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die jaar.