1 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!2 Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!3 Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters.4 Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.5 Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die L¡banon;6 en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die L¡banon en Sirjon soos 'n jong buffel.7 Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit.8 Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe.9 Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!10 Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid.11 Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede.
1 En salme av David. Gi Herren, I Guds sønner, gi Herren ære og makt!2 Gi Herren hans navns ære, tilbed Herren i hellig prydelse!3 Herrens røst er over vannene, ærens Gud tordner, Herren over de store vann.4 Herrens røst lyder med kraft, Herrens røst med herlighet.5 Herrens røst bryter sedrer, Herren sønderbryter Libanons sedrer,6 og han får dem til å hoppe som en kalv, Libanon og Sirjon som en ung villokse.7 Herrens røst slynger ut kløvede ildsluer.8 Herrens røst får ørkenen til å beve, Herren får Kades' ørken til å beve.9 Herrens røst får hindene til å føde og gjør skogene bare, og i hans tempel sier alt: Ære!10 Herren tronte på vannflommens tid, og Herren troner som konge evindelig.11 Herren skal gi sitt folk kraft, Herren skal velsigne sitt folk med fred.