1 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.3 Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!5 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!
1 Herren er blitt konge, han har klædd sig i høihet; Herren har klædd sig, har omgjordet sig med styrke, og jorderike står fast, det rokkes ikke.2 Fast er din trone fra fordums tid; fra evighet er du.3 Strømmer har opløftet, Herre, strømmer har opløftet sin røst, strømmer opløfter sin brusen.4 Mere enn røsten av de store, de herlige vann, havets brenninger, er Herren herlig i det høie.5 Dine vidnesbyrd er såre trofaste; for ditt hus sømmer sig hellighet, Herre, så lenge dagene varer.