1 Ijob respondis kaj diris:2 Mi aŭdis multe da similaj aferoj; Tedaj konsolantoj vi ĉiuj estas.3 Ĉu estos fino al la ventaj vortoj? Kaj kio vin incitis, ke vi tiel parolas?4 Mi ankaŭ povus paroli, kiel vi. Se vi estus sur mia loko, Mi konsolus vin per vortoj Kaj balancus pri vi mian kapon.5 Mi fortigus vin per mia buŝo Kaj konsolus vin per paroloj de miaj lipoj.6 Se mi parolos, mia doloro ne kvietiĝos; Se mi ĉesos, kio foriros de mi?7 Sed nun Li lacigis min, Li detruis mian tutan esencon.8 Vi faris al mi sulkojn, tio fariĝis atesto; Mia senfortiĝo staras antaŭ mia vizaĝo, kaj parolas.9 Lia kolero disŝiras; Mia malamanto grincigas kontraŭ mi siajn dentojn; Mia premanto briligas kontraŭ mi siajn okulojn.10 Ili malfermegis kontraŭ mi sian buŝon, insulte batas min sur la vangojn; Ĉiuj kune kontentigis sur mi sian koleron.11 Dio transdonis min al maljustulo, Ĵetis min en la manojn de malbonuloj.12 Mi estis trankvila; sed Li frakasis min, Li kaptis min je la kolo, disbatis min, Kaj Li faris min por Si celo.13 Liaj pafistoj min ĉirkaŭis; Li dishakas miajn internaĵojn kaj ne kompatas, Li elverŝas sur la teron mian galon.14 Li faras en mi breĉon post breĉo, Li kuras kontraŭ min kiel batalisto.15 Sakaĵon mi kudris sur mian korpon, Kaj en polvo mi kaŝis mian kornon.16 Mia vizaĝo ŝvelis de plorado, Kaj sur miaj palpebroj estas morta ombro;17 Kvankam ne troviĝas perfortaĵo en miaj manoj, Kaj mia preĝo estas pura.18 Ho tero, ne kovru mian sangon, Kaj mia kriado ne trovu haltejon.19 Vidu, en la ĉielo estas mia atestanto, Kaj mia konanto estas en la altaj sferoj.20 Parolistoj estas por mi miaj amikoj; Sed mia okulo larmas al Dio,21 Ke Li decidu inter homo kaj Dio, Inter homo kaj lia amiko.22 Ĉar la nombro de la jaroj pasos, Kaj mi iros sur vojon nereveneblan.
1 Maar Job het geantwoord en gesê:2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.3 Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;5 ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!6 As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou -- watter verligting bring dit my?7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.8 En U het my gegryp -- 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.9 Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.10 Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.11 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.15 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;17 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.18 o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.19 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.20 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God --21 dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.22 Want maar min jare kom -- dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.