1 Ijob respondis kaj diris:2 Kiel vi helpas al tiu, kiu ne havas forton! Kiel vi subtenas tiun, kies brako estas senforta!3 Kian konsilon vi donas al tiu, kiu ne havas saĝon, Kaj kiel grandan prudenton vi montras!4 Al kiu vi parolas vortojn? Kaj kies spirito eliras el vi?5 La mortintoj tremas sub la akvo, Kaj ankaŭ tiuj, kiuj vivas en ĝi.6 Ŝeol estas malkovrita antaŭ Li, Kaj la abismo ne havas kovron.7 Li etendis la nordon super la malpleno, Li pendigis la teron sur nenio.8 Li ligas la akvon en Siaj nuboj, Kaj nubo ne krevas sub tio.9 Li kovras la tronon Kaj etendas ĉirkaŭ ĝi Sian nubon.10 Li faris limon sur la akvo, Ĝis la loko, kie finiĝas la lumo kaj la mallumo.11 La kolonoj de la ĉielo ŝanceliĝas Kaj tremas de Lia krio.12 Per Sia forto Li kvietigas la maron, Kaj per Sia saĝo Li frakasas Rahabon.13 Per Lia spirito belegiĝis la ĉielo; Lia mano trapikas la tordiĝantan serpenton.14 Jen tio estas parto de Liaj vojoj; Kaj nur iometon ni aŭdis pri Li. Kiu povas kompreni la tondron de Lia potenco?
1 Maar Job het geantwoord en gesê:2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?5 Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.6 Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie --7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.10 Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.14 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?