Publicidade

Jó 20

1 Ekparolis Cofar, la Naamano, kaj diris:2 Pro tio miaj pensoj devigas min respondi, Pro tio, kion mi sentas.3 Hontindan riproĉon mi aŭdis, Kaj la spirito de mia prudento respondos por mi.4 Ĉu vi scias, ke tiel estis de eterne, De post la apero de homo sur la tero,5 Ke la triumfado de malvirtuloj estas mallongatempa, Kaj la ĝojo de hipokritulo estas nur momenta?6 Se lia grandeco eĉ atingus ĝis la ĉielo, Kaj lia kapo tuŝus la nubon,7 Li tamen pereos por ĉiam, kiel lia sterko; Tiuj, kiuj lin vidis, diros:Kie li estas?8 Kiel sonĝo li forflugos, kaj oni lin ne trovos; Li malaperos, kiel nokta vizio.9 Okulo, kiu rigardis lin, ne plu vidos lin; Lia loko lin ne plu vidos.10 Liaj filoj kurados almozpetante, Kaj liaj manoj redonos lian havaĵon.11 Liaj ostoj estos punitaj pro la pekoj de lia juneco, Kaj tio kuŝiĝos kune kun li en la polvo.12 Se la malbono estas dolĉa en lia buŝo, Li kaŝas ĝin sub sia lango,13 Li flegas ĝin kaj ne forlasas ĝin, Kaj retenas ĝin sur sia palato:14 Tiam lia manĝaĵo renversiĝos en liaj internaĵoj, Fariĝos galo de aspidoj interne de li.15 Li englutis havaĵon, sed li ĝin elvomos; El lia ventro Dio ĝin elpelos.16 Venenon de aspidoj li suĉos; Lango de vipuro lin mortigos.17 Li ne vidos fluojn nek riverojn, Torentojn de mielo kaj de butero.18 Li redonos tion, kion li pene akiris, kaj li tion ne englutos; Kiel ajn granda estas lia havaĵo, li ĝin fordonos kaj ne ĝuos ĝin.19 Ĉar li premis kaj forlasis la senhavulojn, Li rabis al si domon, kiun li ne konstruis.20 Ĉar lia interno ne estis trankvila, Tial li ne savos tion, kio estis por li kara.21 Nenion restigis lia manĝemeco; Tial lia bonstato ne estos longedaŭra.22 Malgraŭ lia abundeco, li estos premata; Ĉiaspecaj suferoj trafos lin.23 Por plenigi lian ventron, Li sendos sur lin la flamon de Sia kolero, Kaj pluvigos sur lin Sian furiozon.24 Se li forkuros de batalilo fera, Trafos lin pafarko kupra.25 Nudigita glavo trairos lian korpon, Kaj la fulmo de lia turmentilo venos sur lin kun teruro.26 Nenia mallumo povos kaŝi liajn trezorojn; Lin konsumos fajro ne disblovata; Malbone estos al tiu, kiu restos en lia tendo.27 La ĉielo malkovros liajn malbonagojn, Kaj la tero leviĝos kontraŭ lin.28 Malaperos la greno el lia domo, Disŝutita ĝi estos en la tago de Lia kolero.29 Tia estas de Dio la sorto de homo malpia, Kaj la heredaĵo destinita por li de Dio.

1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke --7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte --14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.24 Hy sal vlug vir die ysterwapens -- 'n koperboog sal hom deurboor.25 Hy trek -- daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.28 Weggevoer word die opbrings van sy huis -- goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-