Publicidade

Jó 37

1 Pri tio tremas mia koro Kaj saltas de sia loko.2 Aŭskultu atente en la bruo Lian voĉon, Kaj la sonojn, kiuj eliras el Lia buŝo.3 Sub la tutan ĉielon Li kurigas tion, Kaj Sian lumon al la randoj de la tero.4 Post ĝi ekbruas la tondro; Li tondras per Sia majesta voĉo, Kaj oni ne povas tion haltigi, kiam aŭdiĝas Lia voĉo.5 Mirinde tondras Dio per Sia voĉo; Li faras ion grandan, sed ne konatan.6 Al la neĝo Li diras:Falu sur la teron; Ankaŭ al la pluvego, al Siaj fortaj pluvegoj.7 Sur la manon de ĉiu homo Li metas sigelon, Por ke ĉiuj homoj sciu Lian faron.8 La sovaĝa besto iras en sian kavon Kaj restas en sia loĝejo.9 El la sudo venas ventego, Kaj de la nordo venas malvarmo.10 De la spiro de Dio venas frosto, Kaj vasta akvo fariĝas kvazaŭ fandaĵo.11 La nubojn Li pezigas per akvo, Kaj nubo disŝutas Lian lumon.12 Li direktas ilin ĉirkaŭen, kien Li volas, Por ke ili plenumu ĉion, kion Li ordonas al ili, sur la tero:13 Ĉu por puno de ia lando, Ĉu por favorkoraĵo Li ilin direktas.14 Atentu tion, Ijob; Staru, kaj konsideru la miraklojn de Dio.15 Ĉu vi scias, kiamaniere Dio agigas ilin Kaj aperigas lumon el Sia nubo?16 Ĉu vi komprenas, ĉe la distiro de nubo, La miraklojn de Tiu, kiu estas la plej perfekta en la sciado?17 Kiamaniere viaj vestoj varmiĝas, Kiam la tero kvietiĝas de sude?18 Ĉu vi povas etendi kun Li la ĉielon, Firman kiel fandita spegulo?19 Sciigu al ni, kion ni devas diri al Li; Mi nenion povas elkonjekti pro mallumo.20 Ĉu estos rakontita al Li tio, kion mi parolas? Se iu parolos, li pereos.21 Nun oni ne povas rigardi la lumon, kiu hele lumas en la ĉielo, Kiam la vento pasas kaj purigas ĝin.22 De norde venas oro; Ĉirkaŭ Dio estas terura brilo.23 La Plejpotenculon ni ne povas kompreni. Li estas granda en forto, justo, kaj vero; Li neniun premas.24 Tial respektegas Lin la homoj; Kaj Li atentas neniun el la saĝuloj.

1 Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.4 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:13 of tot 'n tugroede, of tot nut van sy aarde, of tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.14 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind --18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?21 En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.23 Die Almagtige -- ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_11-41-06-