1 Sed nun ridas pri mi homoj pli junaj ol mi, Kies patrojn mi ne volus starigi kun la hundoj de miaj ŝafaroj;2 Kies forto de la manoj estis senbezona por mi, Kaj kiuj ne povis atingi maljunecon;3 Kiuj pro malriĉeco kaj malsato solece kuris En la dezerton mizeran kaj senvivan;4 Kiuj elŝiras atriplon apud la arbetaĵoj, Kaj kies pano estas la radiko de genisto.5 El meze de la homoj oni elpelas ilin; Oni krias sur ilin, kiel sur ŝteliston;6 En terfendoj ĉe la valoj ili loĝas, En truoj de la tero kaj de rokoj;7 Inter la arbetaĵoj ili krias, Sub la kardoj ili kolektiĝas;8 Kiel infanoj de sentaŭguloj kaj sennomuloj, Ili estas elpelitaj el la lando.9 Kaj nun mi fariĝis objekto de ilia mokokanto, Mi fariĝis por ili objekto de babilado.10 Ili abomenas min, malproksimiĝas de mi, Ne timas kraĉi sur mian vizaĝon.11 Li malligis mian ŝnuron kaj turmentas min, Kaj ili forĵetis antaŭ mi la bridon.12 Dekstre buboj stariĝis, kaj puŝas miajn piedojn; Ili ebenigis kontraŭ mi siajn pereigajn vojojn;13 Ili disfosis mian vojon, facile pereigas min, Ne bezonante helpanton;14 Ili venas kiel tra larĝa breĉo, Ĵetas sin tumulte.15 Teruroj turnis sin kontraŭ min, Forpelis mian majeston kiel vento; Kiel nubo foriris mia feliĉo.16 Kaj nun elverŝiĝas mia animo; Kaptis min tagoj de mizero.17 En la nokto miaj ostoj traboriĝas en mi, Kaj miaj mordetantoj ne dormas.18 Kun granda malfacileco demetiĝas mia vesto; Premas min la rando de mia ĉemizo.19 Oni komparas min kun koto; Mi similiĝis al polvo kaj cindro.20 Mi krias al Vi, sed Vi ne respondas al mi; Mi staras, ke Vi atentu min.21 Vi fariĝis kruelulo por mi; Per la forto de Via mano Vi montras al mi Vian malamon.22 Vi levis min en la venton, Lasis min kaj neniigis min en la ventego.23 Mi scias, ke Vi transdonos min al la morto, En la kunvenejon de ĉio vivanta.24 Sed ĉu oni povas ne deziri eltiri manon, Kaj krii en sia malfeliĉo?25 Ĉu mi ne ploris pri tiu, kiu havis malfeliĉan tempon? Ĉu mia animo ne afliktiĝis pri malriĉulo?26 Mi atendis bonon, sed venis malbono; Mi esperis lumon, sed venis mallumo.27 Miaj internaĵoj bolas kaj ne ĉesas; Atakis min tempo de mizero.28 Mi estas nigra, sed ne de la suno; Mi leviĝas en la komunumo kaj krias.29 Mi fariĝis frato al la ŝakaloj Kaj kamarado al la strutoj.30 Mia haŭto nigriĝis sur mi, Kaj miaj ostoj sekiĝis de varmego.31 Mia harpo fariĝis plendilo, Kaj mia fluto fariĝis voĉo de plorantoj.
1 En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit -- mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.2 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.3 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;4 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.7 Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar --8 dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word.9 En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.10 Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.11 Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.12 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.13 My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het.14 Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.15 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.16 Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.17 Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.18 Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.21 U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.23 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om die rede om hulp roep nie?25 Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?26 Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.27 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.29 Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise.30 My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.31 So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.