1 Ascoltate la parola dell’Eterno, o figli d’Israele; poiché l’Eterno ha una contestazione con gli abitanti del paese, perché non c’è né verità, né misericordia, né conoscenza di Dio nel paese. 2 "Si spergiura, si mente, si uccide, si ruba, si commette adulterio; si rompe ogni limite, si versa sangue su sangue. 3 Per questo il paese sarà in lutto, tutti quelli che lo abitano languiranno; con loro le bestie della campagna e gli uccelli del cielo; perfino i pesci del mare scompariranno.
4 Tuttavia, nessuno contesti, nessuno rimproveri! poiché il tuo popolo è come quelli che contendono con il sacerdote. 5 Perciò tu cadrai di giorno e anche il profeta cadrà con te di notte; e io distruggerò tua madre. 6 Il mio popolo perisce per mancanza di conoscenza. Poiché tu hai rifiutato la conoscenza, anche io rifiuterò di averti come sacerdote; poiché tu hai dimenticato la legge del tuo Dio, anche io dimenticherò i tuoi figli.
7 Più si sono moltiplicati e più hanno peccato contro di me; io cambierò la loro gloria in vergogna. 8 Si nutrono dei peccati del mio popolo e il loro cuore brama la sua iniquità. 9 Il sacerdote avrà la stessa sorte del popolo: io lo punirò per la sua condotta e gli darò la retribuzione delle sue azioni. 10 Mangeranno, ma non saranno saziati; si prostituiranno, ma non moltiplicheranno, perché hanno abbandonato il servizio dell’Eterno.
11 Prostituzione, vino e mosto tolgono il senno. 12 Il mio popolo consulta il suo legno e il suo bastone gli dà delle istruzioni; poiché lo spirito della prostituzione lo svia, egli si prostituisce, allontanandosi dal suo Dio. 13 Sacrificano sulla cima dei monti, bruciano incenso sui colli, sotto la quercia, il pioppo e il terebinto, perché la loro ombra è buona; perciò le vostre figlie si prostituiscono e le vostre nuore commettono adulterio. 14 Io non punirò le vostre figlie perché si prostituiscono, né le vostre nuore perché commettono adulterio; poiché essi stessi si appartano con le prostitute e sacrificano con donne immorali; il popolo, che è senza intelletto, corre alla rovina.
15 Se tu, o Israele, ti prostituisci, Giuda almeno non si renda colpevole! Non andate a Ghilgal, non salite a Bet-Aven, e non giurate dicendo: ‘L’Eterno vive!’. 16 Poiché Israele è ribelle come una giovenca ribelle, ora l’Eterno lo farà pascere come un agnello in un luogo spazioso? 17 Efraim si è unito agli idoli; lascialo! 18 Quando hanno finito di sbevazzare si danno alla prostituzione; i loro capi amano con passione l’infamia. 19 Il vento si legherà Efraim alle proprie ali ed essi avranno vergogna dei loro sacrifici.
1 HOOR die woord van die Here, o kinders van Israel! Want die Here het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
2 Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
3 Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.
4 Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis!
5 Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan.
6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
7 Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.
8 Hulle lewe van die sondoffer van my volk, en na dié se ongeregtigheid verlang hulle siel.
9 Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk — Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.
10 Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die Here te vereer.
11 Hoerery en wyn en mos neem die hart weg.
12 My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want 'n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.
13 Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.
14 Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot 'n val.
15 As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as die Here leef!
16 Want Israel is wederstrewig soos 'n wederstrewige koei; nou sal die Here hulle laat wei soos 'n lam in die oop veld.
17 Efraim is gekoppel aan die afgode: laat hom staan!
18 As hulle drinkery verby is, dan hoereer hulle te meer. Hulle vorste is versot op skande.
19 Die wind bind hulle in sy vleuels, sodat hulle oor hul offers beskaamd sal staan.