Publicidade

Oséias 9

AFR53
Giudizio e dispersione d’Israele

1 Non ti rallegrare, o Israele, fino all’esultanza, come i popoli; poiché ti sei prostituito, abbandonando il tuo Dio; hai amato il salario della prostituzione sopra tutte le aie da frumento! 2 L’aia e il frantoio non li nutriranno e il mosto deluderà la loro speranza. 3 Non abiteranno nel paese dell’Eterno, ma Efraim tornerà in Egitto e in Assiria, mangeranno cibi impuri. 4 Non faranno più libazioni di vino all’Eterno e i loro sacrifici non gli saranno graditi; saranno per loro come un cibo di lutto; chiunque ne mangerà sarà contaminato; poiché il loro pane sarà per loro soltanto, non entrerà nella casa dell’Eterno. 5 Che farete nei giorni delle solennità e nei giorni di festa dell’Eterno? 6 Poiché, ecco, essi se ne vanno a causa della devastazione; l’Egitto li raccoglierà, Menfi li seppellirà; le loro cose preziose, comprate con denaro, le possederanno le ortiche; le spine cresceranno nelle loro tende. 7 I giorni della punizione vengono; vengono i giorni della retribuzione; Israele lo saprà! Il profeta impazzisce, l’uomo ispirato è in delirio, a causa della grandezza della tua iniquità e della grandezza della tua ostilità: 8 Efraim fa la sentinella davanti al mio Dio; ma il profeta trova un laccio di uccellatore su tutte le sue vie, e ostilità nella casa del suo Dio. 9 Essi si sono profondamente corrotti come ai giorni di Ghibea! L’Eterno si ricorderà della loro iniquità, punirà i loro peccati.

10 "Io trovai Israele come uva nel deserto; vidi i vostri padri come i fichi primaticci di un fico al suo primo frutto; ma, appena giunsero a Baal-Peor, si appartarono per darsi alla vergogna degli idoli e diventarono abominevoli come la cosa che amavano. 11 La gloria di Efraim volerà via come un uccello; non più nascite, non più gravidanze, non più concepimenti! 12 Anche se allevano i loro figli, io li priverò di essi, in modo che non rimanga loro nessun uomo; , guai a loro quando li abbandonerò! 13 Quando allungo lo sguardo fino a Tiro, vedo Efraim piantato in un luogo gradevole; ma Efraim dovrà condurre i suoi figli a colui che li ucciderà". 14 Daloro, o Eterno! Che darai loro? Daloro un seno che abortisce e delle mammelle asciutte. 15 "Tutta la loro malvagità è a Ghilgal; li ho presi in odio. Per la malvagità delle loro azioni io li scaccerò dalla mia casa; non li amerò più; tutti i loro capi sono ribelli. 16 Efraim è colpito, la sua radice è seccata; essi non faranno più frutto; anche se generassero, io farei morire i cari frutti del loro grembo". 17 Il mio Dio li rigetterà, perché non gli hanno dato ascolto; essi andranno errando fra le nazioni.

Die sonde van Israel en die gevolge daarvan.

1 WEES nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.

2 Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.

3 Hulle sal in die land van die Here nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.

4 Hulle sal vir die Here geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die Here kom nie.

5 Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die Here?

6 Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.

7 Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word 'n dwaas, die man van die gees 'n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.

8 Efraim is 'n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van 'n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.

9 Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van Gíbea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.

10 Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar húlle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en 'n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.

11 Efraim sy heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!

12 Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.

13 Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in 'n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.

14 Gee hulle, o Here wat sal U gee? gee hulle 'n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.

15 Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.

16 Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.

17 My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-