1 Ao mestre de canto. Salmo dos filhos de Coré. Povos, aplaudi com as mãos, aclamai a Deus com vozes alegres,2 porque o Senhor é o Altíssimo, o temível, o grande Rei do universo.3 Ele submeteu a nós as nações, colocou os povos sob nossos pés,4 escolheu uma terra para nossa herança, a glória de Jacó, seu amado.5 Subiu Deus por entre aclamações, o Senhor, ao som das trombetas.6 Cantai à glória de Deus, cantai; cantai à glória de nosso rei, cantai.7 Porque Deus é o rei do universo; entoai-lhe, pois, um hino!8 Deus reina sobre as nações, Deus está em seu trono sagrado.9 Reuniram-se os príncipes dos povos ao povo do Deus de Abraão, pois a Deus pertencem os grandes da terra, a ele, o soberanamente grande.
1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.2 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!3 Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.4 Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.5 Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.6 God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.7 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!8 Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon. [ (Psalms 47:10) Die edeles van die volke het vergader -- 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy! ]