1 Toe die koning en Haman inkom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou,
2 sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk -- daaraan sal voldoen word.
3 En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.
4 Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word. Was ons nog as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek geswyg het, maar hierdie ramp sal onder die verliese van die koning sy weerga nie hê nie.
5 Toe spreek koning Ahasv,ros en sê aan koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wie se hart hom ingegee het om so te maak?
6 En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman! Toe skrik Haman voor die koning en die koningin.
7 En die koning het in sy woede van die wynmaaltyd opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, terwyl Haman daar bly staan om van koningin Ester die behoud van sy lewe af te smeek; want hy het gesien dat die onheil oor hom by die koning vas besluit was.
8 Toe die koning uit die tuin van die paleis in die saal van die wynmaaltyd terugkom, en Haman juis op die rusbank neergeval het waar Ester op sit, sê die koning: Wil hy die koningin ook nog geweld aandoen by my in die huis? Die woord was nouliks uit die mond van die koning of hulle het die gesig van Haman bedek.
9 Daarop sê Harbona, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mordegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op!
10 En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.
1 王带着哈曼去赴王后以斯帖的筵席。
2 在这第二次的酒席中, 王又问以斯帖: "以斯帖啊, 你要什么?我必赐给你; 你求什么?就是一半江山, 也必给你成全。"
3 王后以斯帖回答, 说: "我若是在你眼前蒙恩, 王若是喜欢, 我所要的, 是要王把我的性命赐给我; 我所求的, 是求王把我的族人赐给我。
4 因为我和我的族人被人出卖, 快要毁灭, 被杀尽、灭绝了。我们若是只被卖为奴婢, 我也必闭口不言, 但王的损失是敌人不能补偿的。"
5 亚哈随鲁王问王后以斯帖, 说: "存心这样行的人是谁?他在哪里?"
6 以斯帖回答: "这敌人和仇人, 就是这恶人哈曼! "哈曼在王和王后面前立刻惊惶万分。
7 于是王带着盛怒, 从酒席间起来, 到御园里去; 哈曼却留下来求王后以斯帖救他一命, 因为哈曼看出王已经决意要加罪与他。
8 王从御园回到酒席那里; 那时哈曼正伏在以斯帖所靠的榻上; 于是王说: "他竟敢在宫里, 当着我的面污辱王后吗?"这话一出王口, 人就把哈曼的脸蒙住了。
9 在王面前有一个太监哈波拿说: "还有, 哈曼为那曾经说好话救王有功的末底改, 立了一个二十二公尺高的木架, 现在正立在哈曼的家里呢。"王说: "把哈曼挂在上面吧! "
10 于是他们把哈曼挂在他为末底改预备的木架上; 王的忿怒才渐渐止息。