20 En Mordegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die Jode wat in al die provinsies van koning Ahasv,ros was, die wat naby en die wat ver was,
21 om vir hulle vas te stel dat hulle al jare die veertiende dag van die maand Adar en die vyftiende daarvan moes vier --
22 as die dae waarop die Jode rus gekry het van hulle vyande, en die maand wat vir hulle van kommer in vrolikheid en van rou in 'n feesdag verander is -- dat hulle daar dae van maaltyd en vrolikheid van moes maak en om mekaar lekkernye en aan die armes gawes te stuur.
23 En die Jode het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mordegai aan hulle geskryf het.
24 Want Haman, die seun van Hammed ta, die Agagiet, teëstander van al die Jode, het 'n plan beraam teen die Jode om hulle uit te roei, en die Pur, dit is die lot, gewerp om hulle te vernietig en hulle uit te roei.
25 Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy goddelose plan wat hy teen die Jode uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang.
26 Daarom noem hulle die dae Purim, na die naam Pur. Hierom, vanweë al die woorde van daardie brief en wat hulle self daarvan gesien het en wat hulle oorgekom het,
27 het die Jode vasgestel en as insetting aangeneem vir hulle en hulle nageslag en vir almal wat hulle by hulle sou aansluit, sodat dit onherroeplik sou wees, dat hulle die twee dae al jare sou hou volgens die voorskrif daaromtrent en op die bepaalde tyd;
28 en dat die dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat die Purim-dae onder die Jode nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle nageslag nie mag ophou nie.
29 En koningin Ester, die dogter van Ab¡gail, en die Jood Mordegai het met alle nadruk geskrywe om hierdie tweede brief oor die Purim krag te verleen.
30 En hy het briewe gestuur aan al die Jode in die honderd sewe en twintig provinsies, die koninkryk van Ahasv,ros, woorde van vrede en trou,
31 om die Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die Jood Mordegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul nageslag die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het.
32 En die bevel van Ester het die voorskrifte vir hierdie Purim vasgestel, en dit is in 'n boek geskrywe.
20 末底改把这些事记录下来, 并且送文书给亚哈随鲁各省远近所有的犹大人,
21 嘱咐他们每年都要守亚达月十四、十五两日。
22 以这月的两日, 为犹大人脱离仇敌, 得享安宁的日子, 是转忧为喜, 转哀为乐的吉日, 叫他们在这两日饮宴欢乐, 大家互赠礼物, 也赒济穷人。
23 于是, 犹大人承诺要守他们起初所守的, 也承诺要遵守末底改写给他们的。
24 原本犹大人的敌人, 亚甲族哈米大他的儿子哈曼曾经设谋陷害犹大人, 要消灭他们; 他弄卜"普珥", 就是抽签, 为要打击和消灭犹大人。
25 但这事呈到王面前以后, 王使用文书降旨吩咐, 使哈曼计谋的恶事, 就是他设谋陷害犹大人的事归到他自己的头上, 又使人把他和他的众子挂在木架上。
26 因此, 犹大人照着"普珥"的名字, 称这两日为普珥节; 所以他们因这信上的话, 又因他们所看见和所遭遇的事,
27 犹大人就立了定例, 承诺他们自己和他们的后裔, 以及所有与他们联合的人, 每年都要按着所写的和指定的两日守这节日, 永不可废止。
28 使人在各省各城, 家家户户, 世世代代, 都记念、遵守这两日, 使这普珥节的日子在犹大人中, 永不废止。
29 亚比孩的女儿王后以斯帖和犹大人末底改以全权写了这第二封信, 嘱咐犹大人守这普珥节。
30 他用和平和诚实的话, 把文书送给亚哈随鲁国中一百二十七省所有的犹大人,
31 劝他们按着规定的时期, 照着犹大人末底改和王后以斯帖所嘱咐的, 也照着他们在禁食和哀求的时候为自己与后裔所承诺的, 守这普珥节。
32 以斯帖的命令确定了普珥节; 这命令也记录在史记上。