4 En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel

5 en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou --

6 laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.

7 Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie.

8 Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;

9 maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen -- al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.

10 Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand.

11 Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.

4 我听见了这些事, 就坐下哭泣, 悲伤了好几天, 在天上的 神面前禁食祷告,

5 说: "耶和华天上的 神, 伟大可畏的 神啊, 你向那些爱你, 遵守你诫命的人, 守约施慈爱。

6 求你侧着耳, 睁着眼的, 垂听你仆人的祷告, 我今天在你面前昼夜为着你的仆人以色列人祷告, 承认以色列人所犯的罪, 就是我与我父的家向你所犯的罪。

7 我们故意行极大的恶事得罪你, 没有遵守你吩咐你仆人摩西的诫命、律例和典章。

8 求你记念你吩咐你仆人摩西的话, 说: ‘你们若是不忠, 我就把你们分散在万民中。

9 但如果你们回心转意归向我, 谨守遵行我的诫命, 即使在你们被赶逐的天边, 我也必从那里把他们招聚回来, 带他们到我选择给我的名居住的地方那里去。’

10 这些都是你的仆人, 你的子民, 是你用你的大能和你强而有力的手所救赎的。

11 主啊, 求你留意听你仆人的祷告, 听那些喜爱敬畏你名的仆人的祷告; 求你使你的仆人今天顺利, 使他在这人面前蒙怜悯。"那时我是王的酒政。