1 I lift up my eyes to you,
you who sit in the heavens.
2 Behold, as the eyes of servants look to the hand of their master,
as the eyes of a maid to the hand of her mistress,
so our eyes look to Yahweh, our God,
until he has mercy on us.
3 Have mercy on us, Yahweh, have mercy on us,
for we have endured much contempt.
4 Our soul is exceedingly filled with the scoffing of those who are at ease,
with the contempt of the proud.
1 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.
2 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres -- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.
3 Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;
4 meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!