1 Yahweh is my shepherd;
I shall lack nothing.
2 He makes me lie down in green pastures.
He leads me beside still waters.
3 He restores my soul.
He guides me in the paths of righteousness for his name’s sake.
4 Even though I walk through the valley of the shadow of death,
I will fear no evil, for you are with me.
Your rod and your staff,
they comfort me.
5 You prepare a table before me
in the presence of my enemies.
You anoint my head with oil.
My cup runs over.
6 Surely goodness and loving kindness shall follow me all the days of my life,
and I will dwell in Yahweh’s house forever.
1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my.
5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.