1 Why do you boast of mischief, mighty man?
God’s loving kindness endures continually.
2 Your tongue plots destruction,
like a sharp razor, working deceitfully.
3 You love evil more than good,
lying rather than speaking the truth. Selah.
4 You love all devouring words,
you deceitful tongue.
5 God will likewise destroy you forever.
He will take you up, and pluck you out of your tent,
and root you out of the land of the living. Selah.
6 The righteous also will see it, and fear,
and laugh at him, saying,
7 "Behold, this is the man who didn’t make God his strength,
but trusted in the abundance of his riches,
and strengthened himself in his wickedness."
8 But as for me, I am like a green olive tree in God’s house.
I trust in God’s loving kindness forever and ever.
9 I will give you thanks forever, because you have done it.
I will hope in your name, for it is good,
in the presence of your saints.
1 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid.
2 toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahim,leg ingegaan.
3 Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!
4 Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!
5 Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.
6 Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!
7 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.
8 En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:
9 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! [ (Psalms 52:10) Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. ] [ (Psalms 52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want die is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. ]