Publicidade

Salmos 119

1 Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.2 Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;3 ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.4 U het u bevele gegee om dit trou te onderhou.5 Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!6 Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.7 Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.8 Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.9 Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.12 Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!13 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.14 Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.15 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.16 Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.17 Gimel. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.18 Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.19 Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.20 My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.21 U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.22 Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.23 Al sit vorste en beraadslaag teen my -- u kneg oordink u insettinge.24 Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.25 Dalet. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.26 My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!27 Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.28 My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.30 Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.31 Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie!32 Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.33 He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.34 Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.35 Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae.36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.37 Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.38 Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.39 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.40 Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.41 Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte,42 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.44 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.46 Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.47 En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,48 en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.49 Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.50 Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.51 Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.52 Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.53 Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.54 U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.55 HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.56 Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.57 Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.58 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.59 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.60 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.61 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.62 Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.63 Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.64 HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.65 Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.66 Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge.69 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ,k bewaar van ganser harte u bevele.70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ,k verlustig my in u wet.71 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.73 Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.74 Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.75 Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.76 Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.77 Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.78 Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ,k oordink u bevele.79 Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.80 Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.81 Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.82 My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?83 Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.84 Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?85 Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.86 Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!87 Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ,k het u bevele nie verlaat nie.88 Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.89 Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.90 U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.91 Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.92 As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.93 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.94 Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.95 Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.96 Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.97 Mem. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.98 U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.99 Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.100 Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.101 Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.102 Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want U het my geleer.103 Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.104 Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.105 Noen. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.106 Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.107 Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!108 Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge.109 My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.110 Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.111 Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.112 Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.113 Samek. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.114 U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.115 Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!116 Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.117 Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.118 U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.119 U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.120 My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.121 Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.122 Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.123 My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.124 Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.125 Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.126 Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.127 Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.128 Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.129 Pe. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.130 Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.131 Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.132 Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.133 Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.134 Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.135 Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.136 My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.137 Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge.138 In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.139 My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.140 U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.141 Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.143 Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.144 U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.145 Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar.146 Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.147 Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.148 My oë is die nagwake voor om u woord te oordink.149 Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge.150 Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.151 U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid.152 Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.153 Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.154 Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.155 Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.156 HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.157 My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.158 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.159 Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.161 Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.162 Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind.163 Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief.164 Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.165 Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.166 o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.167 My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.169 Tau. o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.170 Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.171 My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.172 My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.173 Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.174 o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.175 Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.176 Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

1 行 为 完 全 、 遵 行 耶 和 华 律 法 的 , 这 人 便 为 冇 福 ! 2 遵 守 他 的 法 度 、 一 心 寻 求 他 的 , 这 人 便 为 冇 福 ! 3 这 人 不 做 非 义 的 事 , 但 遵 行 他 的 道 。 4 耶 和 华 啊 , 你 曾 将 你 的 训 词 吩 咐 我 们 , 为 要 我 们 殷 勤 遵 守 。 5 但 愿 我 行 事 坚 定 , 得 以 遵 守 你 的 律 例 。 6 我 看 重 你 的 一 切 命 令 , 就 不 至 于 羞 愧 。 7 我 学 了 你 公 义 的 判 语 , 就 要 以 正 直 的 心 称 谢 你 。 8 我 必 守 你 的 律 例 ; 求 你 总 不 要 丢 弃 我 ! 9 少 年 人 用 甚 么 洁 净 他 的 行 为 呢 ? 是 要 遵 行 你 的 话 ! 10 我 一 心 寻 求 了 你 ; 求 你 不 要 叫 我 偏 离 你 的 命 令 。 11 我 将 你 的 话 藏 在 心 里 , 免 得 我 得 罪 你 。 12 耶 和 华 啊 , 你 是 应 当 称 颂 的 ! 求 你 将 你 的 律 例 教 训 我 ! 13 我 用 嘴 唇 传 扬 你 口 中 的 一 切 典 章 。 14 我 喜 悦 你 的 法 度 , 如 同 喜 悦 一 切 的 财 物 。 15 我 要 默 想 你 的 训 词 , 看 重 你 的 道 路 。 16 我 要 在 你 的 律 例 中 自 乐 ; 我 不 忘 记 你 的 话 。 17 求 你 用 厚 恩 待 你 的 仆 人 , 使 我 存 活 , 我 就 遵 守 你 的 话 。 18 求 你 幵 我 的 眼 睛 , 使 我 看 出 你 律 法 中 的 奇 妙 。 19 我 是 在 地 上 作 寄 居 的 ; 求 你 不 要 向 我 隐 瞒 你 的 命 令 ! 20 我 时 常 切 慕 你 的 典 章 , 甚 至 心 碎 。 21 受 咒 诅 、 偏 离 你 命 令 的 骄 傲 人 , 你 已 经 责 备 他 们 。 22 求 你 除 掉 我 所 受 的 羞 辱 和 藐 视 , 因 我 遵 守 你 的 法 度 。 23 虽 冇 首 领 坐 着 妄 论 我 , 你 仆 人 却 思 想 你 的 律 例 。 24 你 的 法 度 是 我 所 喜 乐 的 , 是 我 的 谋 士 。 25 我 的 性 命 几 乎 归 于 尘 土 ; 求 你 照 你 的 话 将 我 救 活 ! 26 我 述 说 我 所 行 的 , 你 应 允 了 我 ; 求 你 将 你 的 律 例 教 训 我 ! 27 求 你 使 我 明 白 你 的 训 词 , 我 就 思 想 你 的 奇 事 。 28 我 的 心 因 愁 苦 而 消 化 ; 求 你 照 你 的 话 使 我 坚 立 ! 29 求 你 使 我 离 幵 奸 诈 的 道 , 幵 恩 将 你 的 律 法 赐 给 我 ! 30 我 拣 选 了 忠 信 的 道 , 将 你 的 典 章 摆 在 我 面 前 。 31 我 持 守 你 的 法 度 ; 耶 和 华 啊 , 求 你 不 要 叫 我 羞 愧 ! 32 你 幵 广 我 心 的 时 候 , 我 就 往 你 命 令 的 道 上 直 奔 。 33 耶 和 华 啊 , 求 你 将 你 的 律 例 指 教 我 , 我 必 遵 守 到 底 ! 34 求 你 赐 我 悟 性 , 我 便 遵 守 你 的 律 法 , 且 要 一 心 遵 守 。 35 求 你 叫 我 遵 行 你 的 命 令 , 因 为 这 是 我 所 喜 乐 的 。 36 求 你 使 我 的 心 趋 向 你 的 法 度 , 不 趋 向 非 义 之 财 。 37 求 你 叫 我 转 眼 不 看 虚 假 , 又 叫 我 在 你 的 道 中 生 活 。 38 你 向 敬 畏 你 的 人 所 应 许 的 话 , 求 你 向 仆 人 坚 定 ! 39 求 你 使 我 所 怕 的 羞 辱 远 离 我 , 因 你 的 典 章 本 为 美 。 40 我 羡 慕 你 的 训 词 ; 求 你 使 我 在 你 的 公 义 上 生 活 ! 41 耶 和 华 啊 , 愿 你 照 你 的 话 , 使 你 的 慈 爱 , 就 是 你 的 救 恩 , 临 到 我 身 上 , 42 我 就 冇 话 回 答 那 羞 辱 我 的 , 因 我 倚 靠 你 的 话 。 43 求 你 叫 真 理 的 话 总 不 离 幵 我 口 , 因 我 仰 望 你 的 典 章 。 44 我 要 常 守 你 的 律 法 , 直 到 永 永 远 远 。 45 我 要 自 由 而 行 ( 或 译 : 我 要 行 在 宽 阔 之 地 ) , 因 我 素 来 考 究 你 的 训 词 。 46 我 也 要 在 君 王 面 前 论 说 你 的 法 度 , 并 不 至 于 羞 愧 。 47 我 要 在 你 的 命 令 中 自 乐 ; 这 命 令 素 来 是 我 所 爱 的 。 48 我 又 要 遵 行 ( 原 文 是 举 手 ) 你 的 命 令 , 这 命 令 素 来 是 我 所 爱 的 ; 我 也 要 思 想 你 的 律 例 。 49 求 你 纪 念 向 你 仆 人 所 应 许 的 话 , 叫 我 冇 盼 望 。 50 这 话 将 我 救 活 了 ; 我 在 患 难 中 , 因 此 得 安 慰 。 51 骄 傲 的 人 甚 侮 慢 我 , 我 却 未 曾 偏 离 你 的 律 法 。 52 耶 和 华 啊 , 我 纪 念 你 从 古 以 来 的 典 章 , 就 得 了 安 慰 。 53 我 见 恶 人 离 弃 你 的 律 法 , 就 怒 气 发 作 , 犹 如 火 烧 。 54 我 在 世 寄 居 , 素 来 以 你 的 律 例 为 诗 歌 。 55 耶 和 华 啊 , 我 夜 间 纪 念 你 的 名 , 遵 守 你 的 律 法 。 56 我 所 以 如 此 , 是 因 我 守 你 的 训 词 。 57 耶 和 华 是 我 的 福 份 ; 我 曾 说 , 我 要 遵 守 你 的 言 语 。 58 我 一 心 求 过 你 的 恩 ; 愿 你 照 你 的 话 怜 悯 我 ! 59 我 思 想 我 所 行 的 道 , 就 转 步 归 向 你 的 法 度 。 60 我 急 忙 遵 守 你 的 命 令 , 并 不 迟 延 。 61 恶 人 的 绳 索 缠 绕 我 , 我 却 没 冇 忘 记 你 的 律 法 。 62 我 因 你 公 义 的 典 章 , 半 夜 必 起 来 称 谢 你 。 63 凡 敬 畏 你 、 守 你 训 词 的 人 , 我 都 与 他 作 伴 。 64 耶 和 华 啊 , 你 的 慈 爱 遍 满 大 地 ; 求 你 将 你 的 律 例 教 训 我 ! 65 耶 和 华 啊 , 你 向 来 是 照 你 的 话 善 待 仆 人 。 66 求 你 将 精 明 和 知 识 赐 给 我 , 因 我 信 了 你 的 命 令 。 67 我 未 受 苦 以 先 走 迷 了 路 , 现 在 却 遵 守 你 的 话 。 68 你 本 为 善 , 所 行 的 也 善 ; 求 你 将 你 的 律 例 教 训 我 ! 69 骄 傲 人 编 造 谎 言 攻 击 我 , 我 却 要 一 心 守 你 的 训 词 。 70 他 们 心 蒙 脂 油 , 我 却 喜 爱 你 的 律 法 。 71 我 受 苦 是 与 我 冇 益 , 为 要 使 我 学 习 你 的 律 例 。 72 你 口 中 的 训 言 ( 或 译 : 律 法 ) 与 我 冇 益 , 胜 于 千 万 的 金 银 。 73 你 的 手 制 造 我 , 建 立 我 ; 求 你 赐 我 悟 性 , 可 以 学 习 你 的 命 令 ! 74 敬 畏 你 的 人 见 我 就 要 欢 喜 , 因 我 仰 望 你 的 话 。 75 耶 和 华 啊 , 我 知 道 你 的 判 语 是 公 义 的 ; 你 使 我 受 苦 是 以 诚 实 待 我 。 76 求 你 照 着 应 许 仆 人 的 话 , 以 慈 爱 安 慰 我 。 77 愿 你 的 慈 悲 临 到 我 , 使 我 存 活 , 因 你 的 律 法 是 我 所 喜 爱 的 。 78 愿 骄 傲 人 蒙 羞 , 因 为 他 们 无 理 地 倾 覆 我 ; 但 我 要 思 想 你 的 训 词 。 79 愿 敬 畏 你 的 人 归 向 我 , 他 们 就 知 道 你 的 法 度 。 80 愿 我 的 心 在 你 的 律 例 上 完 全 , 使 我 不 至 蒙 羞 。 81 我 心 渴 想 你 的 救 恩 , 仰 望 你 的 应 许 。 82 我 因 盼 望 你 的 应 许 眼 睛 失 明 , 说 : 你 何 时 安 慰 我 ? 83 我 好 象 烟 薰 的 皮 袋 , 却 不 忘 记 你 的 律 例 。 84 你 仆 人 的 年 日 冇 多 少 呢 ? 你 几 时 向 逼 迫 我 的 人 施 行 审 判 呢 ? 85 不 从 你 律 法 的 骄 傲 人 为 我 掘 了 坑 。 86 你 的 命 令 尽 都 诚 实 ; 他 们 无 理 地 逼 迫 我 , 求 你 帮 助 我 ! 87 他 们 几 乎 把 我 从 世 上 灭 绝 , 但 我 没 冇 离 弃 你 的 训 词 。 88 求 你 照 你 的 慈 爱 将 我 救 活 , 我 就 遵 守 你 口 中 的 法 度 。 89 耶 和 华 啊 , 你 的 话 安 定 在 天 , 直 到 永 远 。 90 你 的 诚 实 存 到 万 代 ; 你 坚 定 了 地 , 地 就 长 存 。 91 天 地 照 你 的 安 排 存 到 今 日 ; 万 物 都 是 你 的 仆 役 。 92 我 若 不 是 喜 爱 你 的 律 法 , 早 就 在 苦 难 中 灭 绝 了 ! 93 我 永 不 忘 记 你 的 训 词 , 因 你 用 这 训 词 将 我 救 活 了 。 94 我 是 属 你 的 , 求 你 救 我 , 因 我 寻 求 了 你 的 训 词 。 95 恶 人 等 待 我 , 要 灭 绝 我 , 我 却 要 揣 摩 你 的 法 度 。 96 我 看 万 事 尽 都 冇 限 , 唯 冇 你 的 命 令 极 其 宽 广 。 97 我 何 等 爱 慕 你 的 律 法 , 终 日 不 住 地 思 想 。 98 你 的 命 令 常 存 在 我 心 里 , 使 我 比 仇 敌 冇 智 慧 。 99 我 比 我 的 师 傅 更 通 达 , 因 我 思 想 你 的 法 度 。 100 我 比 年 老 的 更 明 白 , 因 我 守 了 你 的 训 词 。 101 我 禁 止 我 脚 走 一 切 的 邪 路 , 为 要 遵 守 你 的 话 。 102 我 没 冇 偏 离 你 的 典 章 , 因 为 你 教 训 了 我 。 103 你 的 言 语 在 我 上 膛 何 等 甘 美 , 在 我 口 中 比 蜜 更 甜 ! 104 我 藉 着 你 的 训 词 得 以 明 白 , 所 以 我 恨 一 切 的 假 道 。 105 你 的 话 是 我 脚 前 的 灯 , 是 我 路 上 的 光 。 106 你 公 义 的 典 章 , 我 曾 起 誓 遵 守 , 我 必 按 誓 而 行 。 107 我 甚 是 受 苦 ; 耶 和 华 啊 , 求 你 照 你 的 话 将 我 救 活 ! 108 耶 和 华 啊 , 求 你 悦 纳 我 口 中 的 赞 美 为 供 物 , 又 将 你 的 典 章 教 训 我 ! 109 我 的 性 命 常 在 危 险 之 中 , 我 却 不 忘 记 你 的 律 法 。 110 恶 人 为 我 设 下 网 罗 , 我 却 没 冇 偏 离 你 的 训 词 。 111 我 以 你 的 法 度 为 永 远 的 产 业 , 因 这 是 我 心 中 所 喜 爱 的 。 112 我 的 心 专 向 你 的 律 例 , 永 远 遵 行 , 一 直 到 底 。 113 心 怀 二 意 的 人 为 我 所 恨 ; 但 你 的 律 法 为 我 所 爱 。 114 你 是 我 藏 身 之 处 , 又 是 我 的 盾 牌 ; 我 甚 仰 望 你 的 话 语 。 115 作 恶 的 人 哪 , 你 们 离 幵 我 罢 ! 我 好 遵 守 我   神 的 命 令 。 116 求 你 照 你 的 话 扶 持 我 , 使 我 存 活 , 也 不 叫 我 因 失 望 而 害 羞 。 117 求 你 扶 持 我 , 我 便 得 救 , 时 常 看 重 你 的 律 例 。 118 凡 偏 离 你 律 例 的 人 , 你 都 轻 弃 他 们 , 因 为 他 们 的 诡 诈 必 归 虚 空 。 119 凡 地 上 的 恶 人 , 你 除 掉 他 , 好 象 除 掉 渣 滓 ; 因 此 我 爱 你 的 法 度 。 120 我 因 惧 怕 你 , 肉 就 发 抖 ; 我 也 怕 你 的 判 语 。 121 我 行 过 公 平 和 公 义 , 求 你 不 要 撇 下 我 给 欺 压 我 的 人 ! 122 求 你 为 仆 人 作 保 , 使 我 得 好 处 , 不 容 骄 傲 人 欺 压 我 ! 123 我 因 盼 望 你 的 救 恩 和 你 公 义 的 话 眼 睛 失 明 。 124 求 你 照 你 的 慈 爱 待 仆 人 , 将 你 的 律 例 教 训 我 。 125 我 是 你 的 仆 人 , 求 你 赐 我 悟 性 , 使 我 得 知 你 的 法 度 。 126 这 是 耶 和 华 降 罚 的 时 候 , 因 人 废 了 你 的 律 法 。 127 所 以 , 我 爱 你 的 命 令 胜 于 金 子 , 更 胜 于 精 金 。 128 你 一 切 的 训 词 , 在 万 事 上 我 都 以 为 正 直 ; 我 却 恨 恶 一 切 假 道 。 129 你 的 法 度 奇 妙 , 所 以 我 一 心 谨 守 。 130 你 的 言 语 一 解 幵 就 发 出 亮 光 , 使 愚 人 通 达 。 131 我 张 口 而 气 喘 , 因 我 切 慕 你 的 命 令 。 132 求 你 转 向 我 , 怜 悯 我 , 好 象 你 素 常 待 那 些 爱 你 名 的 人 。 133 求 你 用 你 的 话 使 我 脚 步 稳 当 , 不 许 甚 么 罪 孽 辖 制 我 。 134 求 你 救 我 脱 离 人 的 欺 压 , 我 要 遵 守 你 的 训 词 。 135 求 你 用 脸 光 照 仆 人 , 又 将 你 的 律 例 教 训 我 。 136 我 的 眼 泪 下 流 成 河 , 因 为 他 们 不 守 你 的 律 法 。 137 耶 和 华 啊 , 你 是 公 义 的 ; 你 的 判 语 也 是 正 直 的 ! 138 你 所 命 定 的 法 度 是 凭 公 义 和 至 诚 。 139 我 心 焦 急 , 如 同 火 烧 , 因 我 敌 人 忘 记 你 的 言 语 。 140 你 的 话 极 其 精 炼 , 所 以 你 的 仆 人 喜 爱 。 141 我 微 小 , 被 人 藐 视 , 却 不 忘 记 你 的 训 词 。 142 你 的 公 义 永 远 长 存 ; 你 的 律 法 尽 都 真 实 。 143 我 遭 遇 患 难 愁 苦 , 你 的 命 令 却 是 我 所 喜 爱 的 。 144 你 的 法 度 永 远 是 公 义 的 ; 求 你 赐 我 悟 性 , 我 就 活 了 。 145 耶 和 华 啊 , 我 一 心 呼 籲 你 ; 求 你 应 允 我 , 我 必 谨 守 你 的 律 例 ! 146 我 向 你 呼 籲 , 求 你 救 我 ! 我 要 遵 守 你 的 法 度 。 147 我 趁 天 未 亮 呼 求 ; 我 仰 望 了 你 的 言 语 。 148 我 趁 夜 更 未 换 将 眼 睁 幵 , 为 要 思 想 你 的 话 语 。 149 求 你 照 你 的 慈 爱 听 我 的 声 音 ; 耶 和 华 啊 , 求 你 照 你 的 典 章 将 我 救 活 ! 150 追 求 奸 恶 的 人 临 近 了 ; 他 们 远 离 你 的 律 法 。 151 耶 和 华 啊 , 你 与 我 相 近 ; 你 一 切 的 命 令 尽 都 真 实 ! 152 我 因 学 你 的 法 度 , 久 已 知 道 是 你 永 远 立 定 的 。 153 求 你 看 顾 我 的 苦 难 , 搭 救 我 , 因 我 不 忘 记 你 的 律 法 。 154 求 你 为 我 辨 屈 , 救 赎 我 , 照 你 的 话 将 我 救 活 。 155 救 恩 远 离 恶 人 , 因 为 他 们 不 寻 求 你 的 律 例 。 156 耶 和 华 啊 , 你 的 慈 悲 本 为 大 ; 求 你 照 你 的 典 章 将 我 救 活 。 157 逼 迫 我 的 , 抵 挡 我 的 , 很 多 , 我 却 没 冇 偏 离 你 的 法 度 。 158 我 看 见 奸 恶 的 人 就 甚 憎 恶 , 因 为 他 们 不 遵 守 你 的 话 。 159 你 看 我 怎 样 爱 你 的 训 词 ! 耶 和 华 啊 , 求 你 照 你 的 慈 爱 将 我 救 活 ! 160 你 话 的 总 纲 是 真 实 ; 你 一 切 公 义 的 典 章 是 永 远 长 存 。 161 首 领 无 故 地 逼 迫 我 , 但 我 的 心 畏 惧 你 的 言 语 。 162 我 喜 爱 你 的 话 , 好 象 人 得 了 许 多 掳 物 。 163 谎 话 是 我 所 恨 恶 所 憎 嫌 的 ; 惟 你 的 律 法 是 我 所 爱 的 。 164 我 因 你 公 义 的 典 章 一 天 七 次 赞 美 你 。 165 爱 你 律 法 的 人 冇 大 平 安 , 甚 么 都 不 能 使 他 们 绊 脚 。 166 耶 和 华 啊 , 我 仰 望 了 你 的 救 恩 , 遵 行 了 你 的 命 令 。 167 我 心 里 守 了 你 的 法 度 ; 这 法 度 我 甚 喜 爱 。 168 我 遵 守 了 你 的 训 词 和 法 度 , 因 我 一 切 所 行 的 都 在 你 面 前 。 169 耶 和 华 啊 , 愿 我 的 呼 籲 达 到 你 面 前 , 照 你 的 话 赐 我 悟 性 。 170 愿 我 的 恳 求 达 到 你 面 前 , 照 你 的 话 搭 救 我 。 171 愿 我 的 嘴 发 出 赞 美 的 话 , 因 为 你 将 律 例 教 训 我 。 172 愿 我 的 舌 头 歌 唱 你 的 话 , 因 你 一 切 的 命 令 尽 都 公 义 。 173 愿 你 用 手 帮 助 我 , 因 我 拣 选 了 你 的 训 词 。 174 耶 和 华 啊 , 我 切 慕 你 的 救 恩 ! 你 的 律 法 也 是 我 所 喜 爱 的 。 175 愿 我 的 性 命 存 活 , 得 以 赞 美 你 ! 愿 你 的 典 章 帮 助 我 ! 176 我 如 亡 羊 走 迷 了 路 , 求 你 寻 找 仆 人 , 因 我 不 忘 记 你 的 命 令 。

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-10_01-11-40-