1 By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.

2 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

3 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.

4 Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land?

5 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!

6 Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.

7 HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!

8 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!

9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!

1 我 们 曾 在 巴 比 伦 的 河 边 坐 下 , 一 追 想 锡 安 就 哭 了 。

2 我 们 把 琴 挂 在 那 里 的 柳 树 上 ;

3 因 为 在 那 里 , 掳 掠 我 们 的 要 我 们 唱 歌 , 抢 夺 我 们 的 要 我 们 作 乐 , 说 : 给 我 们 唱 一 首 锡 安 歌 罢 !

4 我 们 怎 能 在 外 邦 唱 耶 和 华 的 歌 呢 ?

5 耶 路 撒 冷 啊 , 我 若 忘 记 你 , 情 愿 我 的 右 手 忘 记 技 巧 !

6 我 若 不 纪 念 你 , 若 不 看 耶 路 撒 冷 过 于 我 所 最 喜 乐 的 , 情 愿 我 的 舌 头 贴 于 上 膛 !

7 耶 路 撒 冷 遭 难 的 日 子 , 以 东 人 说 : 拆 毁 ! 拆 毁 ! 直 拆 到 根 基 ! 耶 和 华 啊 , 求 你 纪 念 这 仇 !

8 将 要 被 灭 的 巴 比 伦 城 啊 ( 城 : 原 文 是 女 子 ) , 报 复 你 象 你 待 我 们 的 , 那 人 便 为 冇 福 !

9 拿 你 的 婴 孩 摔 在 磐 石 上 的 , 那 人 便 为 冇 福 !