14 Ook van die dag af dat ek aangestel is om hulle goewerneur te wees in die land Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artas sta, twaalf jaar lank, het ek en my broers die brood van goewerneurs nie geëet nie;
15 terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.
16 En ook by die werk aan hierdie muur het ek volhard sonder dat ons grond aangeskaf het, terwyl tog al my mense daar by die werk versamel was.
17 En die Jode, die leiers, honderd en vyftig man, sowel as die wat uit die heidene rondom ons na ons toe gekom het, was aan my tafel.
18 En wat vir elke dag berei is -- een bees, ses uitgesoekte stuks kleinvee en voëls -- is berei op my koste, en elke tien dae allerhande soorte wyn in oorvloed; en daarby het ek tog die brood van goewerneurs nie begeer nie, omdat die diens swaar was op hierdie volk.
19 Dink, my God, my ten goede, aan alles wat ek aan hierdie volk gedoen het!
14 自从我奉命在犹大地作他们省长的日子以来, 就是从亚达薛西王二十年, 直到三十二年, 共十二年, 我和我的兄弟都没有吃过省长的俸禄。
15 在我们以先的前任省长, 重压人民, 每日都向他们索取粮食和酒, 以及四百五十六克银子。连他们的仆人也辖制人民, 但我因为敬畏 神, 就不这样行。
16 我坚持只重修城墙的工程; 所以我们不购置田产, 我所有的仆人也都聚集在那里工作。
17 在我桌上吃饭的, 有一百五十个犹大人和官长, 还有那些从我们四围外族来到我们这里的人;
18 每天预备牛一头、肥羊六只, 又为我预备一些飞禽; 每十天供应大量各类的酒。虽然这样, 我仍然没有索取省长的俸禄, 因为这些人服役已经负担沉重。
19 "我的 神啊, 求你记念我, 记念我为这人民所作的一切事, 施恩给我。"