Storm en onweer.
1 JA, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.
2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.
3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.
4 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.
5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.
6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.
7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.
8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.
9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.
10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.
11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;
12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:
13 òf tot 'n tugroede, òf tot nut van sy aarde, òf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.
Laat Job hierop let — hy wat meen dat hy God kan beoordeel.
14 LUISTER hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.
15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?
16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?
17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind —
18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?
19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.
20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?
21 En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.
22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.
23 Die Almagtige — ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.
24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.
O homem, por conhecer as obras de Deus e a sua sabedoria, deve temê-lo
1 Sobre isso treme também o meu coração, salta do seu lugar.
2 Dai ouvidos ao Jó 36.33;37.4-5;Sl 29.3-9estrondo da voz de Deus
e ao sonido que sai da sua boca.
3 Ele o envia por sob a extensão do céu
e o seu relâmpago, até Jó 37.12;28.24;38.13as extremidades da terra.
4 Depois, ruge uma voz;
troveja com a sua voz majestosa;
não retarda os raios, quando a sua voz é ouvida.
5 Jó 26.14Troveja Deus maravilhosamente com a sua voz,
Jó 37.14,16,23;5.9faz grandes coisas que não podemos compreender.
6 Pois diz à Jó 38.22neve: Cai sobre a terra;
di-lo também às chuvas,
até as Jó 36.27, ref.chuvas mais fortes.
7 Jó 12.14Põe um selo à mão de cada homem,
para que o conheçam todos os homens que fez.
8 Então, as feras entram nos Jó 38.40;Sl 104.22esconderijos
e ficam nos seus covis.
9 Jó 9.9Da câmara do Sul sai o tufão,
e, do Norte, o frio.
10 Ao sopro de Deus, forma-se Jó 38.29;Sl 147.17o gelo,
e as amplas águas são congeladas.
11 Jó 36.27Carrega de umidade a densa nuvem
Jó 36.29e estende a sua Jó 37.15nuvem de relâmpagos,
12 que faz evoluções sobre a sua direção,
para efetuar Jó 36.32;Sl 148.8tudo o que lhe ordena
sobre a Is 14.21;27.6superfície do mundo habitável:
13 ou seja, para a Êx 9.18,23;1Sm 12.18-19correção (ou seja, Jó 38.26-27para sua terra)
ou para 1Rs 18.45misericórdia, que ele a faça vir.
14 Inclina, Jó, os teus ouvidos a isso;
para e considera as maravilhas de Deus.
15 Acaso, sabes como Deus lhes dá as suas ordens
e faz brilhar o relâmpago da sua nuvem?
16 Porventura, sabes o equilíbrio das nuvens,
Jó 37.5,14,23as maravilhas daquele Jó 36.4que é perfeito em conhecimento.
17 Tu, cujos vestidos são quentes,
quando a terra está quieta por causa do siroco,
18 acaso, podes, como ele, Jó 9.8;Sl 104.2;Is 45.12;Jr 10.12;Zc 12.1estender o firmamento,
que é sólido como um espelho fundido?
19 Ensina-nos o que lhe diremos,
pois, ignorantes, Jó 9.14;Rm 8.26nós não podemos dirigir-lhe a palavra.
20 Ser-lhe-á dito que quero discutir?
Desejaria um homem ser aniquilado?
21 Eis que o homem não pode olhar para o sol que brilha no firmamento,
quando o vento tem passado e o deixa limpo.
22 Do norte vem o áureo esplendor;
Deus está cercado de majestade terrível.
23 Quanto ao Todo-Poderoso, Jó 11.7-8, ref.;Rm 11.33;1Tm 6.16não o podemos compreender; Jó 9.4;36.5grande é em poder.
Jó 8.3, ref.Não perverterá o juízo e a Is 63.9;Na 1.12;Lm 3.33plenitude da justiça.
24 Portanto, os homens o temem.
Ele Jó 5.13;1Co 1.26não se importa com os que se julgam sábios.