Publicidade

Jó 32

1 And these three men ceased to answer Job, because he was righteous in his own eyes.2 Then was kindled the anger of Elihu the son of Barachel, the Buzite, of the family of Ram: against Job was his anger kindled, because he justified himself rather than God;3 and against his three friends was his anger kindled, because they found no answer, and {yet} condemned Job.4 But Elihu had waited till Job had finished speaking, because they were older than he.5 And Elihu saw that there was no answer in the mouth of the three men, and his anger was kindled.6 And Elihu the son of Barachel the Buzite answered and said, I am young, and ye are aged; wherefore I was timid, and feared to shew you what I know.7 I said, Let days speak, and multitude of years teach wisdom.8 But there is a spirit which is in man; and the breath of the Almighty giveth them understanding.9 It is not the great that are wise; neither do the aged understand judgment.10 Therefore I say, Hearken to me; I also will shew what I know.11 Lo, I waited for your words; I gave ear to your reasonings, until ye searched out what to say.12 Yea, I gave you mine attention, and behold, there was none of you that confuted Job, that answered his words;13 That ye may not say, We have found out wisdom; *God will make him yield, not man.14 Now he hath not directed {his} words against me; and I will not answer him with your speeches. ...15 They were amazed, they answered no more; words failed them.16 And I waited, for they spoke not, but stood still, and answered no more; -17 I will answer, I also in my turn, I also will shew what I know:18 For I am full of matter, the spirit within me constraineth me.19 Behold, my belly is as wine which hath no vent; like new flasks, it is ready to burst.20 I will speak, that I may find relief; I will open my lips and answer.21 Let me not, I pray you, accept any man's person; neither will I give flattery to man.22 For I know not how to flatter; my Maker would soon take me away.

1 Toe het die drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.2 En die toorn van El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.3 Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.4 Maar El¡hu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.5 Maar toe El¡hu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.6 En El¡hu, die seun van Bar geël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.7 Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.8 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.10 Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.11 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.12 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.13 Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.14 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.15 Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.16 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?17 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.19 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.20 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.21 Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.22 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-