1 Howbeit, Job, I pray thee, hear mine utterances, and hearken to all my words.2 Behold now, I have opened my mouth, my tongue speaketh in my palate,3 My words shall be of the uprightness of my heart, and my lips shall utter knowledge purely.4 The Spirit of *God hath made me, and the breath of the Almighty hath given me life.5 If thou canst, answer me; array {thy words} before me: take thy stand.6 Behold, before *God I am as thou; I also am formed out of the clay.7 Behold, my terror shall not make thee afraid, nor my burden be heavy upon thee.8 Surely thou hast spoken in my hearing, and I have heard the voice of {thy} words: -9 I am clean without transgression; I am pure, and there is no iniquity in me;10 Lo, he findeth occasions of hostility against me, he counteth me for his enemy;11 He putteth my feet in the stocks, he marketh all my paths.12 Behold, I will answer thee in this, thou art not right; for +God is greater than man.13 Why dost thou strive against him? for he giveth not account of any of his matters.14 For *God speaketh once, and twice, -{and man} perceiveth it not-15 In a dream, in a vision of the night, when deep sleep falleth upon men, in slumberings upon the bed;16 Then he openeth men's ears, and sealeth their instruction,17 That he may withdraw man {from his} work, and hide pride from man.18 He keepeth back his soul from the pit, and his life from passing away by the sword.19 He is chastened also with pain upon his bed, and with constant strife in his bones;20 And his life abhorreth bread, and his soul dainty food;21 His flesh is consumed away from view, and his bones that were not seen stick out;22 And his soul draweth near to the pit, and his life to the destroyers.23 If there be a messenger with him, an interpreter, one among a thousand, to shew unto man his duty;24 Then he will be gracious unto him, and say, Deliver him from going down to the pit: I have found a ransom.25 His flesh shall be fresher than in childhood; he shall return to the days of his youth.26 He shall pray unto +God, and he will receive him with favour; and he shall see his face with shoutings, and he will render unto man his righteousness.27 He will sing before men, and say, I have sinned, and perverted what was right, and it hath not been requited to me;28 He hath delivered my soul from going into the pit, and my life shall see the light.29 Lo, all these {things} worketh *God twice, thrice, with man,30 To bring back his soul from the pit, that he may be enlightened with the light of the living.31 Mark well, Job, hearken unto me; be silent, and I will speak.32 If thou hast anything to say, answer me; speak, for I desire to justify thee.33 If not, hearken thou unto me; be silent, and I will teach thee wisdom.
1 Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.2 Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.3 My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.5 As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!6 Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.7 Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.8 Sekerlik, u het voor my ore gesê, ek het die geluid van die woorde gehoor:9 Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.10 Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyandskap teen my; Hy hou my vir 'n vyand van Hom.11 Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie.12 Kyk, daarin het u nie reg nie antwoord ek u, want groter is God as 'n mens.13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?14 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.15 In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;17 om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;18 sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.19 Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,20 sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.22 Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.23 Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;24 en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind --25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.26 Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.27 Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.28 Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig.29 Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met 'n mens30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.31 Let op, o Job! Luister na my; swyg, en ,k sal spreek.32 As u woorde het, antwoord my; spreek, want ek wil u graag gelyk gee.33 So nie, luister u dan na my; swyg, en ek sal u wysheid leer.