Publicidade

Jó 29

1 And Job continued his parable and said,2 Oh that I were as in months past, as in the days when +God preserved me;3 When his lamp shone over my head, {and} by his light I walked through darkness;4 As I was in the days of my youth, when the secret counsel of +God was over my tent,5 When the Almighty was yet with me, my young men round about me;6 When my steps were bathed in milk, and the rock poured out beside me rivers of oil! ...7 When I went out to the gate by the city, when I prepared my seat on the broadway,8 The young men saw me, and hid themselves; and the aged arose {and} stood up;9 Princes refrained from talking, and laid the hand on their mouth;10 The voice of the nobles was hushed, and their tongue cleaved to their palate.11 When the ear heard {me}, then it blessed me, and when the eye saw {me}, it gave witness to me;12 For I delivered the afflicted that cried, and the fatherless who had no helper.13 The blessing of him that was perishing came upon me, and I caused the widow's heart to sing for joy.14 I put on righteousness, and it clothed me; my justice was as a mantle and a turban.15 I was eyes to the blind, and feet was I to the lame;16 I was a father to the needy, and the cause which I knew not I searched out;17 And I broke the jaws of the unrighteous, and plucked the spoil out of his teeth.18 And I said, I shall die in my nest, and multiply my days as the sand;19 My root shall be spread out to the waters, and the dew will lie all night on my branch;20 My glory shall be fresh in me, and my bow be renewed in my hand.21 Unto me they listened, and waited, and kept silence for my counsel:22 After my words they spoke not again, and my speech dropped upon them;23 And they waited for me as for the rain, and they opened their mouth wide as for the latter rain.24 {If} I laughed on them, they believed {it} not; and they troubled not the serenity of my countenance.25 I chose their way, and sat as chief, and dwelt as a king in the army, as one that comforteth mourners.

1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:2 Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;3 toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;4 soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;5 toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;6 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.7 Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,8 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.9 Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.10 Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.11 Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.12 Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.13 Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.14 Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.15 Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.16 'n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.17 En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.18 So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.19 My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.20 My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.21 Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.22 N my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.23 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.24 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.25 Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos 'n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-